Geskiedenis

Hoërskool Florida
Sedert 1944
Hoërskool Florida is ‘n skool met ‘n trotse en ‘n ryke geskiedenis, ‘n skool wat sy ontstaan gehad het op 30 September
Dan ons leuse helder-klinkend: “Ons dien getrou” Die jaar
Die huidige skoollied ontstaan in
Die derde skoolhoof, mnr P.D.A. Roux, wat aan die begin van 1968 die tuig opgeneem het, het die skool tot hoë hoogtes begin lei. Die Musieksentrumvind in hierdie tydperk ook sy ontstaan op 22 Maart
In Januarie
Sedert
In Oktober
‘n Derde rekenaarsentrum word in gebruik geneem, ‘n vierde sentrum vir rekenaartik word in
In September 2012 word die nuwe administratiewe gebou in gebruik geneem.
Ons streef voortdurend daarna om ons leuse, “Ons dien getrou ,” uit te leef.
Goeiemore Florrie-admin, Meneer Katzke, en moeder
Reeds in 2007, tydens 'n Vrydagmiddag MSW-klas, het Mnr Wise aan ons klas gevra of ons dink H/S Florida het enige ware volhoubare tradisies wat ons onderskei van ander skole. Ons het as klas gedink dat ons nie werklik so 'n tradisieryke skool is soos verskeie ander skole nie, veral ryker en ouer skole het meestal baie tradisies. Ek het toe reeds planne begin beraam om hierdie leemte aan te spreek.

In 2009 is ek as Onderhoofseun verkies, saam met Quentin Diedericks en Armandt Liebenberg. Ons hoofseun was Fabian Booysen. Dit is belangrik om te meld dat daar in 2008/2009 twee dames aan die stuur van die VLR was, Elaine Volschenk en Wilmé Olivier. Dit het daartoe gelei dat die manne nie werklik 'n duidelike leier gehad het nie. Dit was ook die rede waarom die "President en Vise-president" stelsel in 2009 afgeskaf is, met ons verkiesing, en terug geneem is na 'n Hoofseun/Hoofdogter stelsel, soos dit was tot en met 2006.
Op daardie stadium was daar 'n tradisie, dalk is dit steeds so, dat hoofleiers en prefekte met kieries van PVC pyp en gholfballe 'n kierie gemaak en rondgedra het. Ek het gedink dat hierdie tradisie, wat eintlik reeds bestaan, net uitgebrei kan word en volhoubaar gemaak kan word deur 'n houtkierie vir die hoofseun te gee. Ek het aan die begin van ons termyn (Augustus 2009) Armandt en Quentin gekommunikeer dat ek graag twee tradisies wil begin, ek wou graag aan die hoof 'n formele baadjie gee (Die tradisie het ek by H/S Menlopark gesien, wie se hoof 'n wit baadjie gedra het).
Ons het toe op 5 Oktober 2009 aan Mnr. Schutte 'n groen baadjie met 'n goue koord oorhandig - ons het daarvoor betaal deur roomys te verkoop op 1 September - my ouers het die roomys geborg. Kort daarna is besluit dat 'n aparte kleurbaadjie vir al die manspersoneel gemaak sou word, so die idee van die hoof se baadjie met 'n goue koord het saam met Mnr. Schutte bedank, maar is deur 'n ander vervang, so dit het wel 'n doel gedien.
In terme van die kierie, Armandt Liebenberg se pa, meneer Werner Liebenberg, het die kierie aan die VLR geskenk, en Quentin se ouers het betaal vir die plaatjies en grafering, as ek reg onthou, anders was dit Armandt se ouers, maar ek glo dit was Quentin se ouers. Ons het toe, ek glo dit was paar dae nadat ons Mnr. Schutte se baadjie oorhandig het, gevra dat al die seuns op die blokke agterbly. Fabian is onder die skyn van 'n vergadering weg na Mnr. Botha se kantoor toe, en ons het die tradisie aan al die seuns verduidelik, en hulle in 'n sirkel laat staan. Ons laat Fabian toe terugkom onder die skyn van 'n bakleiery, en toe hy op die blokke aankom het Armandt die kierie aan hom oorhandig, en ek het 'n woord van sterkte gespreek. Ons sing toe Ireland's call saam, en verdaag.
Verskeie hoofseuns het blykbaar sedert 2009 probeer om die kierie te hou, deur dit of te probeer vervang, of gewoon te versuim om dit te oorhandig. Daardie kierie behoort nie aan die hoofseun nie, maar aan die VLR, en kan dus nie deur enigiemand gehou word nie. As daardie kierie vol is en 'n nuwe kierie word gemaak, moet daardie kierie op die skoolgronde in 'n argief gebêre word, of in 'n museum-tipe ruimte, of by trofeë.
Dit is die volle storie van die kierie. As julle meer wil weet oor waar die kierie vandaan kom voor dit, kan Armandt Liebenberg gekontak word, ek sal sy kontakbesonderhede verskaf indien julle dit sou verkies. Ek weet nie of iemand foto's geneem het nie, Meneer du Preez is die beste persoon om te vra.
Groete, Paul Maritz