Vakke

 

 

 

Florries> Akademie> Vakke

Vakinligting


Hoërskool Florida is bekend vir die uitgebreide reeks van vakke wat aangebied word.  Leerders van ander skole loop dikwels addisionele vakke in die middae by Florries.  Die koste is ook baie billik en gee leerders 'n groter keuse om hulle sodoende beter voor te berei vir die toekoms.  Vak terminologie verander oor die jare en so ook die inhoud.  Hieronder gee ons beskrywings van elke vak.  Skakel gerus met die skool of vak-onderwysers indien u meer inligting nodig het.


Graad 8 & 9

Afrikaans (1ste taal)

Frans

Engels (1ste taal)

Duits

Engels (2de taal)

Hotelhouding en Spyseniering

Wiskunde

Kuns

Lewensoriëntering

Musiek

Sosiale Wetenskappe

Rekeningkunde

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Spraak en Drama

Kuns & Kultuur

Sport Opvoeding

Tegnologie

Tegniese Tekene

Tik

 

Graad 10, 11 & 12

Afrikaans Huistaal (1ste taal)

Rekeningkunde

Engels Huistaal (1ste taal)

Besigheidstudies (Bedryfsekonomie)

Engels Eerste Addisionele Taal (2de taal)

Ekonomie

Wiskunde

Frans

Wiskunde Geletterheid

Duits

Lewensoriëntering

Geografie

Inligtingstegnologie

Geskiedenis

Rekenaartoepassingstegnologie

Gasvryheidstudies (Hotelhouding en Spyseniering)

Lewenswetenskappe (Biologie)

Toerisme

Fisiese Wetenskappe (Natuur- en Skeikunde)

Ingenieursgrafika- en Ontwerp (Tegniese Tekene)

Dramakunste

Elektriese Tegnologie (Elektronika, Elektrsiënswerk)

Musiek

Sivile Tegnologie (Houtwerk, Boukonstruksie, Siviel)

Visuale Kunste

 Alpha Wiskunde (Addisionele Wiskunde)


Vak beskrywings

Rekeningkunde

Finansiële aantekening en die verskillende finansiële rekord, bestuursrekeningkunde en die bestuur van finansiële bronne, asook etiese aspekte met betrekking tot finansiële aangeleenthede.

Besigheidstudies

Studie van die sake-omgewing, sakegeleenthede, sakerolle en funksies van besighede.

Siviele Tegnologie *

Studie van konsepte en beginsels wat in die boukundige omgewing gebruik word.  Hierdie vak skep en verbeter die boukundige omgewing op so ‘n wyse dat dit die lewensgehalte van beide die individu en die samelewing bevorder en die volhoubare gebruik van die omgewing verseker.

Rekenaar-toepassings- tegnologie *

Studie van inligting- en kommunikasietegnologie (ICT) en sluit basiese konsepte met betrekking tot apparatuur, programmatuur en netwerke, gevorderde woordverwerking, sigblaaie, databasis, aanbiedingsvaardighede, kommunikasiemodusse en –gereedskap, in.

Dramatiese kunste

Hoe om kommunikasievaardighede op verskeie maniere te gebruik (fisies, verbaal, nie-verbaal, geskrewe, simbolies, bewegingsleer) wat die basis van die vak vorm.

Ekonomie

Studie van die mikro-ekonomie, die makro-ekonomie, ontwikkelingsekonomie en wat verband hou met die ekonomie.

Elektriese Tegnologie *

Studie van die begrip en toepassing van elektriese en elektroniese beginsels asook die tegnologiese prosesse eie aan die vervaardiging van produkte, dienste en stelsels.

Ingenieurs-grafika en ontwerp

Studie oor die weergee van strukture en voorwerpe deur akkurate en gedetailleerde tekeninge te gebruik.  Dit word in 2D en 3D weergegee.

Geografie

Studie van die fisiese en menslike prosesse asook ruimtelike patrone op aarde op ‘n geïntegreerde wyse oor tyd en ruimte.  Maak sin uit ‘n komplekse wêreld wat beïnvloed word deur baie verskillende kragte soos plaaslike/internasionale verbintenisse, die agteruitgang van die omgewing, beweging van mense, finansiële kapitaal en maatskaplike en politieke konflik.

Geskiedenis

Om mense se optrede in die verlede en die uitwerking wat dit op die hede en toekoms het, te begryp en te evalueer.  Geskiedenis bou die kapasiteit van mense om ingeligte keuse te maak ten einde konstruktief tot die gemeenskap by te dra.

Gasvryheidstudies *

Studie van die teoretiese en bedryfsaspekte van voedsel- en drankvoorbereiding en –diens waarna jy ‘n begrip sal hê van die onderskeie sektore en diverse kontekste wat in die gasvryheidsbedryf aangetref word.

Inligtingstegnologie

Hoe om oplossings vir ICTs te ontwikkel deur ICTs insluitend apparatuur, programmatuur, netwerke en e-kommunikasie te gebruik en te verstaan, asook die beginsels van programmering te verstaan deur ‘n programmeertaal te gebruik om oplossings vir probleme te ontwikkel deur toepassingsprogrammatuur met programmering te integreer.

Taal

Studie van hoe tale die basis van alle leeraktiwiteit vorm en jou in staat stel om in verskeie kontekste te kommunikeer deur verskillende vorms van kommunikasie te gebruik. 
In huistaal: 
Jou luister- en praatvaardigheid sal verder ontwikkel word met groter klem op jou lees- en skryfvaardigheid.

In Eerste Addisionele Taal:
Jou luister-, praat-, lees- en skryfvaardigheid sal gelyke aandag geniet

In Tweede Addisionele Taal:
Sal jou lees- en skryfvaardigheid verder ontwikkel word met groter klem op jou luister- en praatvaardigheid.  

Lewensoriëntering

Hoe om ‘n gebalanseerde lewenstyl aan te neem en jou lewe verantwoordelik te bestuur deur kennis, vaardighede en waardes te ontwikkel wat jou in staat stel om ingeligte keuses oor jou persoonlike welstand, burgerlike verantwoordelikhede, deelname aan fisiese aktiwiteite en keuse van beroep uit te oefen.

Lewenswetenskappe

Studie van fisiologie en anatomie, siektes, selle en weefsels, ekologie en bevolkingsdinamika, biotegnologie, biodiversiteit en mediese tegnieke, biochemie, die etiek van wetenskap, evolusie en genetika.

Wiskunde geletterdheid

Om die wiskunde wat jy reeds geleer het (en ietwat meer) te gebruik om sin te maak uit die wêreld waarin jy leef en dit te kan verduidelik en verander – ‘n wêreld wat getalle, formules, grafieke en tabelle gebruik om inligting te kommunikeer.  Jy sal die selfvertroue en vermoë ontwikkel om daglikse situasies en probleme aan te pak wat aanvanklik ingewikkeld gelyk het weens die wyse waarop hulle voorgekom het.

Wiskunde

Om sowel wiskundige as werklike probleme op te los deur van ‘n reeks wiskundige gereedskap gebruik te maak.  Hierdie gereedskap is gegroepeer volgens onderwerpe soos algebra, kalkulus, meting, trigonometrie, statistiek, waarskynlikheid en wiskundige finansies.

Musiek

Studie van musikale uitdrukking en kommunikasie deur musiek uit te voer en te skep, asook om in groepsverband of alleen musiek uit te voer, te improviseer, te bewerk en te komponeer.  Die vak dek ‘n wye reeks praktiese en teoretiese komponente, insluitend klassieke, ligte, jazz-, gospel-, Afrika- en popmusiek. 

Fisiese Wetenskappe

Hoe om fisiese en chemiese verskynsels deur wetenskaplike ondersoek na te vors.  Deur die toepassing van wetenskaplike modelle, teorieë en wette leer jy hoe om gebeure in die natuurlike omgewing te verduidelik en te voorspel. 

Toerisme *

Hoe om aan die vereistes en verwagtinge van reisigers te voldoen en ‘n insig in toerismepraktyke en sosio-ekonomiese groei te ontwikkel.

Visuele kunste

Om twee- en driedimensionele visuele taal te ontdek en toe te pas deur kunsmateriaal kreatief te gebruik;  om op papier of doek te skep wat die geestesoog kan sien en om gallerye en museums, kunsbedrywe, kunsbestuur, gemeenskapskunssentrums, kunssentrums, kultuurdorpe, kulturele toerisme en ander kunsgebeure te waardeer. 

*   Dui nie-universiteitsvakke en toelating vir Tersiêre Instansies aan  *

Kopiereg (c) 2007 Alle regte voorbehou.
hoof@florries.co.za