Hoofseun se Brief

Hoërskool Florida, n skool met vele tradisies en verskeie spog prestasies op alle vlakke. Ons is beslis n skool waar jy jou potensiaal kan maksimaliseer en in n blink toekoms loop.  Hier by Florida word jy die beste jy wat jy kan wees. 

Ons het n uitstekende top bestuur wat die skool se sake puik hanteer. Met my eerste ondervinding by Florida kon ek sien dat die skool goed gedissiplineerd is maar ook weet wanneer om pret te hê. Ek het dadelik welkom gevoel en asof ek deel is van iets baie belangrik. Ek was en is steeds baie gelukkig in Hoërskool Florida.

Ons skool se lese is "Ons dien getrou" en ek kan met trots se dat ons bo alles ons hemelse Vader eerste dien. Uit persoonlike ondervinding het ek agter gekom dat n skool se beeld, vir baie skole, die belangrikste is. By Florida is dit die leerders want met gelukkige leerders kan jy net n positiewe beeld uitsaai. n Skool is niks sonder sy leerders nie en dus is ons leerders ons eerste prioriteit. 

Sport, akademie, kultuur, waar ook al jy jouself sien oor n paar jaar, Florida sal die pad oop kerf vir jou. Vandag is ek n trotse Florrie en stel aan enige voornemende graad 8 leerling Hoërskool Florida voor .
Groete
Divan Gofdrey