Hoofdogter se Brief

By Florries is ons 'n familie: ons lag saam en is bly vir mekaar se prestasies, ons bied vir mekaar ondersteuning en hulp aan in moeilike tye, en die belangrikste - ons dien die Here saam! 

Hoërskool speel beslis 'n groot rol in die vorming van jou karakter. Ek het al soveel lewensvaardighede aangeleer deur die talle geleenthede wat Florries vir my bied en sal dit vir altyd saam met my dra. 
As ek terugdink aan die afgelope 4 jaar, waar my voetjies byna daagliks deur die skool se hekke gestap het, dink ek aan al ons pret op die blokke (sokkie en sing!), ons puik Prestige geleenthede by UJ, wintersport, debat-aande en natuurlik ons beroemde Jokfees! Daar is altyd soveel opwindende aktiwiteite om aan deel neem!  

Ons kan natuurlik ook spog met puik akademiese prestasies. Ons top matriek leerder - Stéfan Nel - het 'n ongelooflike gemiddeld van 98% behaal in die eerste kwartaal! 

Ek is trots om te sê dat ek 'n leerder van hierdie puik skool is en raai Florries beslis vir enige voornemende graad 8 leerder aan!