Nuwe Gym

Daar het onlangs ‘n nuwe CrossFit gym op Hoërskool Florida se skoolgronde oop gemaak.

Die CrossFit gym het sy deure geopen met ‘n groot verskeidenheid toerusting. Dit word besit deur privaat instrukteurs en is oop vir die publiek. Die eienaars van die gym,Beaulah en Jon, het albei al meer as 20 jaar ondervinding en was albei Springbok liggaamsbouers. Beaulah was ook in 1990 gekroon as Miss Universe en sy en Jon is tans instrukteurs by die gym.

Die CrossFit gym franchise is in 2000 deur Greg Glassman gestig en is ‘n internasionaal bekende fiksheidsentrum. Daar is tans meer as 60 CossFit gyms landswyd geaffilieer met die CrossFit maatskappy. CrossFit se leuse, forging elite fitness, vorm deel van hul omvattende doel om elke lid wat aansluit vaardighede soos uithouvermoë, spoed enkoördinasie aan te leer. Hul doel is om nie slegs op fiksheid te fokus nie maar om lede ook ander vaardighede aan te leer soos selfverdediging. Die CrossFit maatskappy het jaarliks ‘n CrossFit kampioenskap waar al die lede van CrossFit teen mekaar kan deelneem om die internasionale fiksheidskoning en –koningin te kroon.

Beaulah en Jon gaan ook ‘n personal training centre langs die nuwe CrossFit gym bou. Volgens Jon sal hierdie sentrum volgende jaar Februarie geopen word.  Daar is tans ongeveer 6 instukteurs by die gym wat van gymnastiek tot normale CrossFit klasse aanbied.

Die nuwe CrossFit gym is geskik vir almal, van klein tot groot. Vir verdere inligting kontak Beaulah of Jon op 082 334 2875/ 082 801 4779.