Arendstrofee

Hierdie trofee het in 2013 sy verskyning gemaak, om gesonde kompetisie tussen die huisspanne te bewerkstellig.

Die huisspanne het meegeding om hierdie baie spesiale trofee te wen. Almal was op die punte van hul stoele tydens die aankondiging van die wenspan. Watter span het genoeg gedoen hierdie jaar om met dié eer weg te loop? Die Valke, Mambas of Luiperds?

Alles waaraan die leerders deelneem deur die loop van die jaar word in aanmerking gebring. Sport, kultuur en akademie, dus gee ons geleentheid vir al die leerders om hul deel te doen.

En die wenners vir 2013 is die... VALKE!

Na ons Florrie Ope loop die Mambas voor!