Hoofseun se Brief

Hoofseun se Brief

Ons Hoofseun se groet

Hoërskool Florida, n skool met vele tradisies en verskeie spog prestasies op alle vlakke. Ons is beslis n skool waar jy jou potensiaal kan maksimaliseer en in n blink toekoms loop.  Hier by Florida word jy die beste jy wat jy kan wees. 

Ons het n uitstekende top bestuur wat die skool se sake puik hanteer. Met my eerste ondervinding by Florida kon ek sien dat die skool goed gedissiplineerd is maar ook weet wanneer om pret te hê. Ek het dadelik welkom gevoel en asof ek deel is van iets baie belangrik. Ek was en is steeds baie gelukkig in Hoërskool Florida.

Read More

Hoofdogter se Brief

Hoofdogter se Brief

Hoofdogter se Brief

By Florries is ons 'n familie: ons lag saam en is bly vir mekaar se prestasies, ons bied vir mekaar ondersteuning en hulp aan in moeilike tye, en die belangrikste - ons dien die Here saam! 

Hoërskool speel beslis 'n groot rol in die vorming van jou karakter. Ek het al soveel lewensvaardighede aangeleer deur die talle geleenthede wat Florries vir my bied en sal dit vir altyd saam met my dra. 
As ek terugdink aan die afgelope 4 jaar, waar my voetjies byna daagliks deur die skool se hekke gestap het, dink ek aan al ons pret op die blokke (sokkie en sing!), ons puik Prestige geleenthede by UJ, wintersport, debat-aande en natuurlik ons beroemde Jokfees! Daar is altyd soveel opwindende aktiwiteite om aan deel neem!  

Read More

Mnr & Mej Florida 2014

Senior Wenners

 

VLNR – MICHAELA BOTHA (2DE PRINSES), CILENE SWANEPOEL (WENNER), BERNELEE J.V RENSBURG (1STE PRINSES)

VLNR – MARC BOTHA (2DE PRINS), RICCO DE LANGE (WENNER), CHRISTIAAN THERON ( 1STE PRINS)

 

Junior Wenners

 

VLNR - NICOLE LIEBENBERG (2DE PRINSES), ELINDI BEZUIDENHOUT (WENNER), MICHELLE MOOLMAN (2DE PRINSES)

VLNR - JP DE JAGER (2DE PRINS), ROAN GONSALVES ( WENNER), DECLAN ROBERTSON (1STE PRINS)

Lektorlees

Die skool het geregistreer vir hierdie aanlynleesprogram, nadat ons bewus geword het van leerders se swak leesvermoë. Leerders kan ‘n lisensie aankoop en die program in die leessentrum of tuis (indien hulle toegang tot Google Chrome / Firefox het) voltooi. Die resultate spreek vanself!

Belangstellendes kan mev. Marietjie Theron by die skool kontak.

Vir meer inligting, click hier. 

Nuwe Gym

Daar het onlangs ‘n nuwe CrossFit gym op Hoërskool Florida se skoolgronde oop gemaak. Die CrossFit gym het sy deure geopen met ‘n groot verskeidenheid toerusting. Dit word besit deur privaat instrukteurs en is oop vir die publiek. Die eienaars van die gym,Beaulah en Jon, het albei al meer as 20 jaar ondervinding en was albei Springbok liggaamsbouers. Beaulah was ook in 1990 gekroon as Miss Universe en sy en Jon is tans instrukteurs by die gym.

Read More

Florries blink uit by NEA

Florries blink uit by NEA

By Florida blink ons nie net uit in sport nie maar skitter ons by kunswedstryde! Arno Snijder en Chelsea le Roux het groot nuus gemaak by die NEA (National Eistedfodd Academy).  Beidie van hulle is as kategorie wenners aangewys. Die hoogtepunt is toe Arno die Ambasadeurs toekenning ontvang het.  Dit is ‘n baie groot eer en ook die hoogste toekenning wat aangewys word.

Read More

Arendstrofee

Hierdie trofee het in 2013 sy verskyning gemaak, om gesonde kompetisie tussen die huisspanne te bewerkstellig.

Die huisspanne het meegeding om hierdie baie spesiale trofee te wen. Almal was op die punte van hul stoele tydens die aankondiging van die wenspan. Watter span het genoeg gedoen hierdie jaar om met dié eer weg te loop? Die Valke, Mambas of Luiperds?

Alles waaraan die leerders deelneem deur die loop van die jaar word in aanmerking gebring. Sport, kultuur en akademie, dus gee ons geleentheid vir al die leerders om hul deel te doen.

En die wenners vir 2013 is die... VALKE!

Na ons Florrie Ope loop die Mambas voor!