Afrigters, Organiseerders & Oefentye

  • Afrigter Organiseerder:
    • A Snyman
  • Oefentye:
    • Dinsdag:
    • Donderdag:

Prestasies

Foto 11.jpg

Caitlin Oelofse, ʼn graad 11-leerder van Hoërskool Florida het vanaf 22 Junie 2018 tot 28 Junie 2018 in Suhl, Duitsland vir die eerste keer in haar junior Proteakleure geskiet tydens die ISSF Junior Wêreldbeker kampioenskappe.  Volgens die ISSF was daar hierdie jaar ‘n totaal van 761 skuts (rifle, pistol & shotgot) wat deelgeneem het wat 61 Nasionale Olimpiese Komitees van regoor die wêreld verteenwoordig het.  Sy het deelgeneem aan die “10m Air Rifle Women Junior” asook die “10m Air Rifle Mixed Team Junior”.  Volgens Caitlin was dit ʼn ongelooflike eer en voorreg om Suid-Afrika te verteenwoordig en ʼn fantastiese leerproses en ondervinding wat sy nie gou sal vergeet nie.

Foto deur:  Van Vuuren Photography


Kompetisies

  • 2 - 3 Maart 2018: FSK Skietliga
  •  

Uitslae

 



Ons droom groot en doen groot! Nee GROOOOOOOT!

Nuusbrief: 17 Augustus 2014, 1 September 2014

FSK ouers het in 2003 begin om ‘n skietbaan te bou... In 2013 is daar ‘n dak en deure bygevoeg, en met die hulp van die Lotto, badkamers.  Daar word ook ywerig tuin gemaak.  Ouers het elke Saterdag die sweet laat spat en ons skietsentrum is steeds besig om vorm aan te neem.

FSK skiet is baie aktief en lewer jaarliks merkwaardige prestasies: Protea kleure en Goue Leeutjies wat SA Skoolkleure verwerf.

Deelname is net in Sporter en Presisie discipline.  Die jongste skut is tans 9.  Dit is vir ons belangrik om pistool-dissipline ook te vestig.

Die baan is op Donderdae-aande oop vir die publiek.  Spesiale baanfooie word gevra en daar moet vooraf gereël word.

In 2013 behaal ons leerders die volgende prestasies:

  • Charlto Vorster - Junior Protea Kleure + SA Skole Kleure
  • Jean-Michelle - SA Skole Kleure
  • Neil Oosthuizen - SA Skole Kleure
  • Nina Grobler - Gauteng Kleure (Kaptein)
  • Herman Mynhardt - Gauteng Kleure (Goue Leeus Kaptein)
  • Stephan Coetzee - Gauteng Kleure
  • Charmaine Gardener - Gauteng Kleure
  • Richard Martins - Gauteng Kleure
  • Eduan Branders - Gauteng Kleure
  • Celeste Alberts - Gauteng Kleure
  • Annelise Mynhardt - Gauteng Kleure
  • Brandon Venter - Gauteng Ontwikkelingspan
  • Robert Croucamp - Gauteng Ontwikkelingspan
  • Anesca Olivier - Gauteng Ontwikkelingspan
  • Pieter Breedt - Gauteng Ontwikkelingspan – Pistool
  • Schalk Rudman - Gauteng Ontwikkelingspan – Pistool

.

Tentatiewe Oefentye vir 2015:

Ma, Wo   15:00-18:00   (vir Laerskole en ander Hoërskole)

Di, Do     15:00-18:00   (vir Florries)

*Toerusting en gewere kan by FSK gehuur word