|
|
Hoërskool
Florida strewe na 'n besondere skoolidentiteit deur eenvormige,
netjiese skooldrag en voorkoms. Verder streef die skool na
die kweek van 'n persoonlike trots en 'n positiewe selfbeeld by
elke leerder.
Die skooldrag is die trots van Hoërskool
Florida en daarom moet leerders altyd tydens sport- en kultuurbyeenkomste,
by skoolaangeleenthede, op busse en op straat, netjies en korrek
geklee wees.
Die kleredrag vir seuns en dogters word bepaal
deur 'n komitee bestaande uit verteenwoordigers van ouersm personeel
en leerders. Geen drag sal toegelaat word indien dit nie,
op aanbeveling van hierdie komitee, deur die Beheerliggaam goedgekeur
is nie.
|
SEUNS |
|
|
Somer:
- wit oopnekhemp met kort
moue en skoolwapen op sak, of wit langmouhemp met das - hemp mag nie uithang nie
- grys langbroek & grys
sokkies, of grys kortbroek & lang grys kouse
- skooltrui
- skoolbaadjie
- swart skoolskoene sonder
gespes
- grys, swart of bruin
gordel
'n Skoolsweetpak word by
sportdrag gedra. |
Winter:
- wit
hemp met lang moue.
-
grys langbroek
-
skooldas
-
skooltriu
-
skoolbaadjie
-
skoolserp (Gr. 12: rooi / Gr8-11: groen)
-
windbreker
- swart
skoolskoene
- pette
- grys,
swart of bruin gordels sonder klinknaels
- geen
"balaclavas" nie
- hempe
mag nie uithang nie
|
|
MEISIES |
|
|
Somer:
- wit oopnekhemp met kort
moue
- groen skoolrok
- skooltrui
- skoolbaadjie
- groen kniekouse
- swart skoolskoene
'n Skoolsweetpak word by
sportdrag gedra. Florida het 'n mooi nuwe sweetpak, maar die vorige stel is
steeds aanvaarbaar. |
Winter:
- wit
langmouhemp
- groen
skoolrok
- skooldas
- groen
skoolsykouse of kniekouse
- skooltrui
- skoolbaadjie
- skoolserp
(Gr. 12: rooi / Gr. 8-11: groen)
- langbroek
- swart
skoolskoene
|
|
LEWERANSIERS |
|
|
Ons verskaf skooldrag vanaf ons eie klerewinkel in die
kafeteria teen baie billike pryse. Die
winkel is daagliks oop vanaf 07:00 – 15:00 (Maandag tot Vrydag).
Die winkel sluit 15 Desember 2009 om 13:00
(Dit sal Saterdag 12 Desember oop wees vanaf 08:00 – 14:00). Dit heropen weer Woensdag 6 Januarie 2010 tot
Saterdag 9 Januarie 2010 vanaf 08:00 – 16:00.
Ondersteun gerus die skool - 011 672-5345.
Kliek op die skakel
hieronder om die pryslys in pdf formaat af te laai. Die pryse is onderhewig aan verandering en
word slegs gegee as aanduiding.
Klerewinkel
pryse 2012
Klerebankpryse
2012
Sportdragpryse
2012
|
Kopiereg (c) 2007 Alle
regte voorbehou. hoof@florries.co.za
|