Rugby

Belangrike datums vir 2017

Virseker Beeld Trofee datums is as volg:

13 Mei vs RUSTENBURG TUIS

3 Junie vs EG JANSEN TUIS

10 Junie vs KEMPTON PARK WEG

14 Junie vs MONNAS WEG

 

27 Mei FNB CLASSIC CLASH vs MARAIS VILJOEN WEG (NIE LIGA NIE)

 

Rugby het vanaf die bestaan van Hoërskool Florida ‘n prominenete rol gespeel daarin dat die skool deurlopend ‘n toonaangewende rigting – nie net in Gauteng nie – maar ook in Suid-Afrika bekend is.  Vele leerders se karakter is positief beïnvloed deur hierdie sport wat selfs daartoe gelei het dat sommiges as gevolg van rugby ‘n blink toekoms vir hulle bewerkstellig, onder andere; Harry Viljoen wat die afrigter van die Goue Leeus asook die Westelike Provinsie was.  Na sy sukses met hierdie spanne is hy aangestel as Springbok afrigter.  Nog ‘n voorbeeld is Wahl Bartman wat vir die ou Transvaal gespeel het, maar ook in ‘n nie amptelike toets vir die Springbokk teen die All Blacks uitgedraf het, ook hy is deesdae ‘n sakeman in sy eie reg.

Hoërskool Florida se prestasies op die rugbyveld is legio.  Om slegs ‘n paar te noem:

  • Wenners asook naaswenners van die Beeldtrofee
  • Speel in Makro-skole afdeling van die Beeldtrofee (slegs twee skole in die Goue Leeus streek speel in hierdie top-kompetisie)
  • Lewer jaarliks verskeie Craven-weekspelers op vir die Goue Leeus (in 2013 het 18 spelers die Goue Leeus se verteenwoordigende spanne gehaal)
  • Verskeie spelers word in die SA Skole span opgeneem (in 2013 word Joseph Dweba verkies tot die span en is die enigste Leeu-speler in die SA span)
  • Spelers wat provinsiale of Springbokrugby gespeel het of steeds speel is o.a. Harry Viljoen, Wahl Bartman, Elton Jantjies, Bernardo Botha (ook SA Sewes), Francois du Toit, Wayne Swart, Garth April, Clinton Wagman, Vian van der Watt en Fabian Booysen
  • Verskeie van ons sewes word ook in die SA 0/20 span opgeneem
  • Ons beskik oor top afrigters (wat al vele Goue Leeus spanne afgerig het) wat ‘n passie vir die spel het en wat jaarliks rugbykursusse bywoon om hulle rugbykwalifikasie te verbeter.  Nie net die afrigters nie, maar ook die spelers is baie toegewyd.

Oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae (14:00-16:30), maar ekstra oefensessies word ook van tyd tot tyd gereël.  Ons spanne word jaarliks na die Paastoernooie genooi, waar die wedstryde op televisie gebeeldsaai word.