Hoërskool Florida is baie dankbaar! Mnr Nico Louw en sy formidabele span van Renico is besig om groot veranderinge op ons skoolterrein aan te bring! Ons is baie opgewonde oor ons dramateater wat in wording is. Hier gaan ons dramaleerders heerlik speel, kuier en ons vermaak! Hul is ook besig om waterpype en kragtoevoer na ons netbalbane aan te lê. Volg ons vir gereelde terugvoering oor hierdie groot projek in samewerking met Renico!  

Dramateater

 

Ons netbalbane kry elektrisiteit en watertoevoer


Klaskamer aan die westekant word verbou



Grondpad word geskraap en die parkeerterrein vernuwe