Produksies

 


2012 Produksie - "Legally Blond"

Hoërskool Florida voer vanjaar die musiekblyspel "Legally Blond" op in die Pro Musica Teater vanaf 18 April 2012 tot 21 April 2012.

Die welbekende film "Legally Blond" is verlede jaar verwerk as ’n musiekblyspel en is sopas in Broadway opgevoer.  Hoërskool Florida is so bevoorreg om eerste in Suid-Afrika te wees met die opvoer van hierdie blyspel.  Ons stel graag hierdie produksie bekend aan die publiek van Suid-Afrika.

Die produksiespan is as volg:

Regisseur:  Me. Hesta van Straten

Produksiebestuurder:  Me. Lina le Roux

Musikale direkteur:  Mnr. Marten van Wyk

Choreograaf:  Me. Danit Bukris

2011 Produksie - "Disco Inferno"

Hoërskool Florida se Musiekblyspel Disco Inferno is opgevoer in die Roodepoort Pro Musica Stadsteater.  Hierdie rock-fees ter viering van die "swinging seventies" het die mense gaande gehad.  Die professionele orkes was voortreflik.  Die toeskouers het die tyd van disco herleef waartydens Jack hom bevind in die morele dilemma van beroemdheid versus die alledaagse.  'n Storie van keuses, liefde en vriendskap. 

: TOM (Jacques Moorcroft) & LADY MARMALADE (Shani van Wyk) in Florries se Musiekblyspel Disco Inferno.

JACK (Juan Chapman).  Florries se hoofseun het uitgemunt in die hoofrol.

2010 - TIENER TONELE

 

Hoërskool Florida het 7 eenbedryftoneelstukke op die planke gebring as deel van die skool se kultuurontwikkeling.  Hier is gefokus op lewendige teater sonder enige klankversterking.  Leerder moes werklik oor al die kwaliteite van die teater as genré beskik.

Tydens die aktiwiteit het leerders van die onderskeie toneelstukke self die regie behartig.  Dit was ook ‘n eerste.  Die sewe regisseurs het die soet en suur van teater deeglik ervaar.

Die sewe stukke was die volgende :

Skraap                                 onder regie van Shannese Scheepers

O Hex                                  onder regie van Su-Mia Hoffman

Engele om ons                    onder regie van Marissa Dreyer

Sake van die lewer              onder regie Mercia Jooste & Nicolette Schroerder

Elke vrou het ‘n Fridge        regie Sheree Swart

Zap Zap Zapper                  regie Ameralda Muller

Kappie en die Woefie         regie Paul Maritz

Paul Maritz het dan ook die teks van Kappie en die Woefie self geskryf. Dit is ‘n heerlike satire en handel oor die lewe in Suid-Afrika vandag.  Daar word fyn gespot met die “vername” Suid-Afrikaners en politici.

Die DRIE wenstukke was :

            Zap Zap Zapper in die eerste plek

            Engele om ons in die tweede plek

            Kappie en Woefie in die derde plek

Beste Aktrise               Mariëtte Sorgdrager uit Zap Zap Zapper

Beste Akteur               Jacques Morocroft uit Zap Zap Zapper

                                    Leandro Alfonso uit Zap Zap Zapper

Beste vroulike aktrise in ‘n ondersteunende rol : Christelle Storm uit Engele om ons

Beste manlike akteur in ‘n ondersteunende rol : Arno Kotzé uit Kappie en Woefie

Meer belowende speler : Raymond Taylor uit Zap Zap Zapper en Sake van die Lewer

Die 3 wenstukke sal nou weer opgevoer word tydens die ATKV Gauteng-Wes kompetisie vir tienertoneel op 29 en 30 Julie.  Die stukke is ook bereid om op versoek op te tree by geleenthede.

Vir enige navrae kontak Hesta van Straten 072 627 0948 of

Hoërskool Florida tel. : 011 672 5234

 

Produksie 2009

 

CHICAGO
 
Chicago hoofkarakters gespeel deur :

Roxie Hart                 :           Melissa Strydom                  
Velma Kelly/June     :           Anneke Tredoux                  
Velma Kelly/June     :           Lise-Marie Roux                  
Mr Billy Flynn          :           Roelof van Huyssteen        
Fred Casely               :           Dirk Bakker                       
Amos Hart                 :           Henning Blignaut              
Mary-Sunshine         :           Renaldo Henning                
Mamma                      :           Poppie Mabapa                    
Master of ceremonies :        Klaas Malane                       
Seargeant Fogarty    :          Emcé van Zyl            
Court clerk                :           Jacques Moorcroft              
Doctor                        :           Hannes Marx          
Reporter                    :           Werner le Roux       
Mona                          :           Anische Venter                    
Hunyak                      :           Shani van Wyk                    
Go to hell Kitty         :           Tayla Robinson                   
Annie                          :           Treisha Ras                         
Liz                               :           Su-Mia Hoffmann                
Aaron                         :           Ruaan Klem                        
Reporter                    :           Juan Chapman                     

Name van deelnemers :

Melissa Andriessen, Daniélle Bakker, Dirk Bakker, Henning Blignaut, Simoné Carstens, Juan Chapman, Marli Coetzee, Leandi de Beer, Dané de Villiers, Marzaan du Toit, Telita Esterhuizen, Marlie Greeff, Ané Groenewald, Renaldo Henning, Su-Mia Hoffmann, Mercia Jooste, Ruaan Klem, Carla Kotze, Zandré Kruger, Werner le Roux, Shandri Landman, Poppie Mabapa, Genevieve Makoloka, Klaas Malane, Hannes Marx, Jacques Moorcroft, Michelle Nagel, Chantelle Nel, Talita Niemann, Zelda Olivier, Treisha Ras, Tayla Robinson, Lise-Marie Roux, Rochelle Slabbert, Elizabeth Sonnekus, Mariëtte Sorgdrager, Melissa Strydom, Chanel Swart, Anneke Tredoux, Roelof van Huyssteen, Elizabeth van Rensburg,

Shani van Wyk, Emcé van Zyl, Anishce Venter, Chaney Visser, Dené Vorster
 

Revue 2008

 

Hoërskool Florida is ook bekend vir sy vibrerende kultuuraktiwiteite van gehalte.  In 2008 maak ons weer só vanaf 19 Mei tot 24 Mei met ‘n professionele topproduksie in die Pro Musica-teater Roodepoort.

YOU CAN’T STOP THE BEAT  

met:

  • Ferdinandt Gernandt - professionele danser, choreograaf en hoofrolle in Chicago en We Will Rock You, en tans die ster in Saturdaynight Fever - direkteur van die produksie
  • Murray Lubbe - van Innibosfees-faam doen die klankopname in een van die beste musiekateljees in die land
  • Alna Smith - bekende musikant en musiekverwerker - musiekverwerking en -afrigting
  • Johan Ferreira – van Innibos-faam:  ons klank- en ligte ingenieur
  • Liebrecht Pelser – verantwoordelik vir die stelontwerp

Kaartjies teen R50 beskikbaar.

Borgskapgeleenthede:

Assosieer met ‘n wenskool en ‘n wenproduksie deur ‘n borgskap of donasie en geniet blootstelling en ‘n prima bemarkingsgeleentheid;  of as u sou verkies, slegs ‘n positiewe assosiasie ter ondersteuning van FLORRIES.

Hoofborgskap van ‘n vertoning @ R10 000.00   (Saterdagaand 24 Mei en Vrydagaand 23 Mei uitgesluit) met volle regte ten opsigte van bemarkingsgeleenthede vir die aand van u keuse.

Borgskap van u keuse met onderhandelbare bemarkingsgeleentheid.

Donasie van enige bedrag van u keuse met vermelding van u naam met u goedkeuring.

Blootstellingsgeleenthede:

Borgskappe en donasies sal die volgende ontvang:

  • Erkenning in die professioneel gedrukte program.
  • Blootstelling op Hoërskool Florida se webwerf nl. www.florries.co.za. (tans word die webwerf teen ‘n gemiddeld van 1500 keer per maand besoek)
  • Blootstelling in ons nuusbrief:  Die Florrie Fokus wat weekliks verskyn.
  • Indien moontlik sal borgskappe en donasies in ons professionele DVD opgeneem word.

Ons leerders is baie afhanklik van u lojale ondersteuning en ons skool wil graag ‘n toepaslike teenprestasie lewer om dit vir u ook die moeite werd te maak.

Skakel vandag nog direk met die hoof by e-pos:  msschutte@florries.co.za.  

Kontak ons by 011 672 5345/6
 

Fame 2007

 

Revue 2006

 


 

Distrik 6 2005

 


 


Kopiereg (c) 2007 Alle regte voorbehou.
hoof@florries.co.za