Produksies

Die is ATKV tienertoneel se akteurs vir die drama:  Boervrou.

Van links af bo: Shanté Steyn(Stage Manager) Michelle Moolman, Renandt Swanepoel, Joshua Duys.   Van links voor: Justin Marx, Daniel Jansen van Rensburg, Jaco van der Merwe, Annette Langley. Afwesig:  Armand Foord, Kyle Kruger, Robyn Roos.

Regiseur:  Johané Marais, Alex Marais

Skrywer: Alex Marais.


In Mei 2013 met 'n rolverdeling van 190 leerders het ons, ons verskillende “beats” uitgebeeld. Ons het uiters talentvolle leerders wat sing, dans en vertolk!

Dis die kers wat brand
die vlam wat flikker
Die duidelike hoop,
en'ie krag,
ja-a-a die krag
in 'n mens
op ge kikker.

Ek sienit
in die blink
van 'n oog.
In die diepte
van 'n lag.
'n Voet wat tap.
En die kar se geklak.
Die druppel in die wasbak.
Die hond se geblaf.
Die taxi wat toet.
Die kelkies in die kerkbanke.
Dis ons almal, ja ons almal
se pols.
Die "beat" van die musiek.
Die "beat" van die lewe.
Dit hou ons aan die gang.
Dit hou ons op ons voete.
Dit voer die kers en die vlam, ja-a-a die vlam.

Ons antwoord lewe, op jou beautiful beat.

En sê ja vir kinders se sien en hoor.
Hande klap in die kerk.
Hardop sing in die kar.

En ons sê vir die stilte wat ons almal wil keer.
You'll never. Stop. The. Beat.

– Wynandt Verster