Ons Skool

 

 

 

   
 


View Larger Map  

Visie & Missie

 

Visie
Hoërskool Florida streef om 'n leidende skool in Suid-Afrika te wees deur die optimum opvoedkundige en ontwikkelingsomgewing te skep waardeur ons kinders tot volle potensiaal kan ontwikkel.

Missie
Om deur aktiewe betrokkenheid van personeel, ouers, gemeenskap en leerders, ons leerders op te voed, te ontwikkel en voor te berei tot gebalanseerde, standvastige, goed toegeruste, trotse, hoogsgemotiveerde en lojale jongmense wat die vinnige veranderende toekoms met vertroue sal kan aandurf.
 

Terrein

 

TERREIN

Florida Hoërskool het goed toegeruste skoolgeboue en sportgronde.
Sportvelde: rugby, netbal, atletiek, tennis, hokkie, krieket en swembad.

Die ontspanningsentrum het 'n snoepie, gimnasium, internetkafee en gesellige kafeteria.

Die hotelskool bied gereeld 'n restaurantprogram aan. Besprekings kan by die skool gemaak word vir 'n heerlike volgangmaaltyd teen 'n billike prys. Volledige datums is op die kwartaalprogram beskikbaar. Funksies kan ook hier gereël word.
 

Skooltye

 

Maandag - Donderdag:
Vrydae:
 

07:30 - 14:00
07:30 - 14:00

Skoollied

 

Skoollied

In die blomme stad van Suid-Afrika.
Op die dak van die ou Transvaal.
Word daar troue bande saam gesmee in ons eie hoërskool.
Ons dien getrou 'n nasie te bou.
In ons moedertaal die vaandel hoog te hou.
Vlug soos die arend met die daadkrag van 'n span.
Dien ons saam ons naaste, tot eer van Sy naam.
Florida, ons sal jou naam in ere dra.
Ons dien, ons dien getrou!

Bart Viljoen 1961 (onderwyser)
 

Erekode

 

As leerling van Hoërskool Florida onderneem ek om.....

Al my talente sodanig aan te wend, dat ek God mag eer, wat dit aan my toevertrou het, in die volle vertroue dat Hy beheer het oor elke mens, skool, volk en land.
Getrou te wees aan die skool waarin ek opgeneem is.
Respek te toon aan die hoof, personeel en leerlinge waarmee ek in aanraking kom.
Respek af te dwing met my houding teenoor andere.
Vriendelik, hulpvaardig en opreg te wees teenoor almal met wie ek in aanraking kom.
Slegs my beste te lewer in elke aktiwiteit waarmee ek besig is en waarin ek my skool verteenwoordig.
Erkenning te gee aan diegene wat hom/haar op n besondere wyse onderskei.
Vergewingsgesind te wees teenoor persone wat my te na gekom het.
Hulpvaardig te wees teenoor minderbevoorregtes en hulpbehoewendes.
Eerlik en opreg te wees teenoor my meedere, gelykes en mindere.
My te weerhou van enigiets wat my medemens kan kwets, skaad of verkleineer.
Getrou te wees teenoor die volk, kerk en gemeenskap waartoe ek geroep is, om sodoende 'n volwaardige burger te word van die land en volk waarin ek behoort.
Om altyd te streef na reinheid ten opsigte van my persoon, werk en gedagtes, sodat ek deel kan voel van 'n opgevoede gemeenskap.

 


Kopiereg (c) 2007 Alle regte voorbehou.
hoof@florries.co.za