Op Woensdag 31 Augustus
bring Ben Kruger (Neef Gert van 7de Laan) sy jongste eenmanvertoning, Vlieger
Unplugged, na Hoërskool Florida.
Die vertoning is gebaseer op Harry Kalmer se gewildeVliegerkortverhale wat gereeld
in Rapport verskyn en vroeër vanjaar met 'n ATKV mediaveertjie bekroon is.
Ben speel die rol van Vlieger,
die romantiese skoolseun wat bietjie van 'n bleeksiel is en gereeld in die
moeilikheid beland. Die multi-mediavertoning vol musiek, beeldmateriaal en nostalgieuit die 1970’s, vermaak gehore al 'n hele ruk dwarsdeur die land.
“Ouer
mense kom kyk wat hulle kinders destyds aangevang het. Die kinderskom herleef daardie onskuldige tyd van Garagepartytjies
en skelm vry,” lag Ben. “En die kinder se kinders kom ervaar 'n wêreld wat hulle
nooit geken het nie. My drie seuns in
hulle twintigs en Harry se tieners was ewe mal daaroor. ”
“Ons staan elke keer verstom hoe mense
reageer. Maak nie saak of dit in Pretoria of die Kaap is
nie, almal kry iets daaruit,” sê Harry “Maar mense van Roodepoort en Florida sal dalk meer
dinge as ander gehore herken. Vlieger speel immers iewers in hierdie geweste
af.”
Ben Kruger se vertoning word voorafgegaan
deur ‘n verrassingspakkie van leerlingoptredes.Die aand begin om 18:30
en bied uiters bekostigbare top vermaak.
Kaartjies (Volwassenes: R 50.00 Leerlinge:
R30.00) is beskikbaar by Rita Barnard Hoërskool Florida (011) 672-5345/6
"Disco
Inferno", die musical, is 'n storie
van keuses, liefde en vriendskap wat
getoets word met die morele dilemma
van beroemdheid versus die alledaagse.
"Disco Inferno" word
opgevoer deur Hoërskool Florida
in die Promusica Teater in Roodepoort
vanaf 25-28 Mei 2011.
Kliek hier om die pdf lêer oop
te maak.
LEN AMBROSIUS IN SAMEWERKING MET
KOOS JANSEN VAN VUUREN EN LOJALE FLORRIE OUERS EN ONDERSTEUNERS BEWERKSTELLIG
‘N FLORRIE-WONDER…’n permanente Buitelugverhoog!
Die tyd van wonderwerke is nog nie verby
nie!Len Ambrosius van Caffé Molinare –
ook van Florries se eie Onthaalbedryf & die Kafeteria – was die stukrag
agter die waarword van ‘n droom: Florries se eie opelugverhoog!Koos Jansen van Vuuren (adjunkhoof) was die
skool se verteenwoordiger op die projekbestuurspan en die volgende ouers en
donateurs het deur groot finansiële bydraes alles moontlik gemaak:
Bertie van QSP Construction
Ian Coetzee van Waste Giant
Harry Dunn van Dunmar Security
Marius
Leon Mans van Apcon Risk Mamagement &
Len Ambrosius self.
Boet Neethling van AMBO Marketing het ook waardevolle insette
gelewer uit sy ervaring in die bedryf van dekor, musiek en beligting!
Dit is ‘n unieke konstruksie en dit voldoen
aan die vereistes van professionele kunstenaars.As sodanig hoef daar nie meer telkens
tydelike verhoë teen groot kostes opgerig te word nie en kan daar groot besparings teweeggebring word
wanneer sulke kunstenaars geakkommodeer word.Dit is uniek in die opsig dat dit van twee kante af benut kan word: vanaf die
noordekant vir kleiner gehore en vanaf die A-rugbyveld se kant vir groot
gehore.Hesta van Straten met haar
Drama-brein kon ook nie uitgepraat raak oor die 360 grade teatermoontlikhede
vir haar dramastudente nie.Sy kon haar
oë nie glo oor wat Len-hulle in die bestek van 10 dae kon bewerkstellig nie.
Die dag toe daar ‘n Monument (met erkenning
aan Suparugby vir die woordspeling) vir ons trotse Eerste Rugbyspan (én die
onder 15’s) gebou is teen Monument op die rugbyveld het daar heel gepas ‘n
Monument agter die noordelike mikke vir kultuur verrys!Op dieselfde dag is hierdie unieke verhoog op
luisterryke wyse ingewy met optredes deur ons eie Idols van 2009 asook die
Idol-finaliste wat sake gaan uitspook op 30 Julie om te bepaal wie die 2010
Action Idol gaan wees.
In die koelerige aandlug is die honderde
toeskouers egter getrakteer op ‘n skouspel wat hierdie kultuurmonument waardig is.Die hoogtepunt was die onwaarskynlike duet
van Gert van Tonder van Groep 2-faam (byt net vas: Oom Gert was lid van die
bekende Groep 2 van julle ma’s, pa’s en ja seker ook oupas en oumas se tyd,
maar hy het darem ook Wielie Walie op TV aangebied vir vandag se jong
onderwyseresse en onderwysers!) en Snotkop
(almal wat sy optrede daardie aand beleef het, weet nou dat sy verhoognaam sy
beskeidenheid weerspieël – ‘n mooi oopgesig jong man wat selfs ouer mense glad
nie ongemaklik laat voel oor sy taalgebruik en stories nie en wat buitendien sê
“Oom Gert (van Tonder) is die coolste oom!” – hoe kan enigiemand nog twyfel oor hierdie
Afrikanerseun wat die Jeug moet kom lei!?) met die bekende Groep 2-liedjie: Die
padda wou gaan opsit!Natuurlik stik die
toeskouers van meer gevorderde ouderdom en natuurlik gepaardgaande lewenswysheid
eers in Len se drinking chocolat voordat
hulle besef hulle is in die minderheid wat die rap-weergawe van hierdie
onskuldige vryliedjieen verwysing na
Escom as volksvreemd beleef en begin hulle maar saam skouers skud!Toeskouers was beïndruk met wat Boet
Neethling met die verhoog van steen en sinkplaat vermag het: dekor wat gepas
sou wees by die staatsteater en klank- en beligting wat skrik vir niks!
En daar staan hy: ‘n triomf vir Florries
wat nog opslae gaan maak ten opsigte van buitelugaanbiedings!Baie geluk aan almal wat by hierdie projek
betrokke was en baie dankie aan die donateurs – ‘n gedenkplaat sal volgens Len
(iemand sal net moet sorg dat hy nie sy naam uitlaat nie) reg laat geskied aan
julle onmisbare bydrae.Volgens Len gaan
die verhoog ook aan ander skole en instansies beskikbaar gestel word teen
bekostigbare tariewe.Navrae: Len
Ambrosius 082-714-6676.
Florries
kry gees vir die Sokker Wêreldbeker 2010
Breëband
internet benodig om die video te kyk (21Mb) (Druk
"play" en wanneer die video begin speel "pause"
totdat die video klaar gelaai het (ligrooi strook sal
volledig wees) en dan "play" vir ononderbroke
vertoning)
Ek sit gister en lees die nuwe Sarie. Eenvoudig
gekoop omdat Amor op die voorblad is. Eintlik hou ek nie van koffie-tafel
tydskrifte nie J. Elk
geval, bladsy 127, klein artikeltjie wat my oog vang oor jul eie Tayla
Robinson. Lees dit toe ook sommer net oor ek in elk geval die boek gekoop
het.
Ek skryf egter nie hierdie e-pos ook sommer oor ek
die boek gekoop het nie. Nee, u en u onderwysers verdien ‘n
kompliment. KOMPLIMENT. Om te lees ‘n leerder sê, en ek haal aan:
“Die skool pas ons mooi op en gee vir ons ‘n goeie opvoeding.” En verder:
“Hulle [die meisies by die skool] is vriendelik, ek dink nie hulle is jaloers
nie.” Dan: “En dit ís ‘n baie goeie skool.”
Wow …
As ma van ‘n dogter, 11 jaar, en seun, 9 jaar, tans
albei nog op laerskool, wil ek weet WAT IS JUL GEHEIM!?
Wat het verlore gegaan in skole? Ek is skaam om
te sê as ouer kan ek nie eers van opinie kan wees dat hul skool ‘hulle
mooi oppas’ nie. Wat nog te sê dit van ‘n leerder hoor.
So watse raad kan u vir ander skole gee? Of dalk
vir die ouers? Waar begin ons? Trek Roodepoort toe dalk?
Wel gedaan Mnr Schutte. Hou so aan!! En
deel bietjie die geheim.
Groete
ROUEL
BEUKES SORG VIR TROTSE FLORRIE-OPENING 2009
Maandagoggend was vir Florries ‘n hoogtepunt
toe Rouel Beukes ons skool besoek het en ‘n paar liedjies gesing het.Die liedjies Ons vir Jou & De La Rey
het gesorg vir ‘n hoogtepunt toe die ganse skool die dak laat lig het met
pragtige sang uit volle bors.Rouel het
juis gesê dat sy ervaring is dat as jy op Florries was, jy altyd ‘n trotse
Florrie sal bly!Ons is nie seker wie
van die leerders of Rouel dit die meeste geniet het nie!Rouel se Cd’s is by al die vooraanstaande
Cd-winkels beskikbaar en hy tree van 8 – 24 Mei in Houtkruis in die Staatsteater op.Die bekende musiekblyspel Ons vir
Jou, waarin Rouel die hoofrol van Genl. Koos de La Rey speel, word van 22
Junie tot 19 Julie, ook in die Staatsteater, opgevoer.Ons wil graag vir hom baie dankie sê vir sy
optrede en hom alle voorspoed toewens!
Terloops: Rouel Beukes was in 1972 in Matriek
by Florries en hy is nog steeds ‘n trotse Florrie – en ons wil dit waag om te
sê dat na Maandag se optrede, hy nog trotser is om te kan sê dat hy ‘n
oud-Florrie is.Toe die koor gesing
het, het hy spesiaal onder in die saal gaan sit om na hulle te luister en hy is
baie beïndruk.Ook die seun wat hom op
die stoep teegekom het en ‘n handdruk gegee het met die woorde: “baie dankie,
oom!” het ons trots gemaak.
Op
kultuurgebied is die Florries baie bedrywig en kreatief. Volg die skakels hierby
vir die verskillende afdelings.
Florida bied gereeld
luisterryke produksies aan, hetsy 'n revue of ander musiekskouspel, asook die
Jeugfees in Augustus, wat oop is vir leerlinge van ander skole.
Kulturele
aktiwiteite
Linguababbel
- 'n unieke redenaars-, spraakgilde en vasvraforum. Met die Spraakgilde is ons
gereeld wenners van die Beeldtrofee en Ope afdeling (Gauteng) en Florida se
sprekers vaar uitstekend in die ATKV-redenaarskompetisies. Ons neem ook met
onderskeiding deel aan Speech Guild.
Slypskool
vir jong skrywers.
VCSV: Christelike waardes
word hier versterk en kampe word aangebied.
Florida
Toneel: Toneelopvoerings, Vers- en Liedaand, Revues en nog baie meer. Sien
Produksies.
Landsdiens:
Uitstappies en skoolprojekte, Kreatiwiteit- en Entrepreneurskapsklub,
Skoolkoerant.
JOK-fees:
Jeug Oor Kultuur, 'n eerste kultuurfees vir hoërskole. Dit sluit steeds die bekende blikkiesprojek in.
Die hele jaar word derduisende koeldrankblikkies ingesamel en dan word dit in 'n
konstruksie rondom 'n sekere tema ingebou. Die blikkies word vir liefdadigheid
geskenk.
Con Spirito, Florida se koor is alombekend.
Die Musieksentrum bied die geleentheid vir
opleiding in die uitvoerende kuns.