Koor

 


CONSPIRITO KOOR CD

"Die koor se nuwe CD is ook te koop by die finansiële kantoor. Dit kos R120 en is baie goeie waarde vir jou geld

Meer nuus by:
 

Conspirito Koor

 

 

Koorleiers 2010

 


HOëRSKOOL FLORIDA KOOR TREE OP SAAM MET KLOPJAG

Op Vrydag 8 Mei 2009 span die Con Spirito-koor van Hoërskool Florida kragte saam met een van Suid-Afrika se suksesvolste rockgroepe, Klopjag, om een van die opwindendste produksies op vanjaar se konsertkalender op die planke te sit.  Hierdie  unieke geleentheid word aangebied in die ouditorium van die Universiteit van Johannesburg en beloof om vir die konsertganger ‘n ervaring te wees wat nie gou vergeet sal word nie.

Klopjag is welbekend vir hul diversiteit en dinamiese aanslag en is bekend vir liedjies soos “24 uur”, “Stof” en “Nie langer”.  Hul mees onlangse album, “Musiek vir die agtergrond”, is benoem vir die Beste alternatiewe Afrikaanse album tydens vanjaar se MTN SAMA toekennings en Klopjag word reeds geruime tyd as een van Suid-Afrika en Afrikaanse musiek se top-groepe beskou sover dit lewendige optredes aangaan.

Al die Klopjag liedjies wat in die produksie ingesluit is, is herverwerk om die koor in te sluit en andersom en dit is volgens Klopjag een van die lekkerste en uitdagendste produksies wat hul nog aangepak het.

Die Con Spirito-koor bestaan al reeds vanaf 1976 en is een van Suid-Afrika se top-jeugkore.  Hulle het reeds verskeie toere gedurende die afgelope ses jaar in die buiteland gedoen waar hulle baie goed ontvang is en baie lof verdien het.  Hierdie toere sluit in optredes in ‘n paar Europese lande sowel as ‘n toer in Suid-Amerika.  Die koor was die wenners van die Nasionale Terisano Eisteddfod in 2006 en was tweede in 2008.

Die koor tree op onder leiding van Ralf Schmitt wat homself oor die laaste dekade as een van Suid-Afrika se top-jeugkoor-dirigente gevestig het.  Hy is sedert 2005 betrokke by die koor en die koor se uitstaande resultate gedurende die laaste vier jaar onder sy leiding, is sonder twyfel ‘n getuigskrif vir sy kennis en talent in hierdie genre.  Volgens Schmitt is dit vir hom en die lede van die koor ‘n voorreg om saam met Klopjag te werk en sien hulle die optrede saam met Klopjag, as een van die hoogtepunte van hul kalender vanjaar.

Aande soos hierdie is min en ver uitmekaar. Maak dus seker dat, indien jy in die Gauteng-omgewing is op 8 Mei, jy nie uitmis op ‘n unieke musiek-ervaring soos hierdie nie.  Kaartjies vir hierdie besondere geleentheid is beskikbaar by die Hoërskool Florida se algemene kantoor en die skool kan geskakel word by 011 672 5345 vir meer inligting.


Wenners van Skole-eisteddfod 2006

 

  • Con Spirito wen in 2006 die Nasionale Tirisano-koorkompetisie met Rainmaker van Lebo Morake. Meer as duisend kore het deelgeneem. Die snit is ook deel van die prag-CD van die koor vir 2006: Summertime.
  • Koormeester Ralf Schmitt is ‘n gebore en getoë Wes-Rander wat ‘n draai by die Drakensbergse Seunskool en Tukkies (BMus Jazz) gemaak het. Van sy komposisies is al oorsee opgevoer en een is in Japan vir die Suzuki-prys benoem.
  • Die koor toer in 2007 na Argentinië saam met die Chase Foundation.

 


Kopiereg (c) 2007 Alle regte voorbehou.
hoof@florries.co.za