Koor

Hoërskool Florida se koor het 'n roemryke geskiedenis.  Die koor bestaan sedert 1995 bekend as Con Spirito (“Met Geesdrif”). Ons koor gaan vandag steeds van krag tot krag.

Die afgelope 15 jaar het bekende koormeesters soos Johan van der Sandt, Johan Bester, Ralf Schmitt en Vaughan van Zyl al die koor gelei.  Vaughan, die huidige koormeester en bekende TV-aanbieder en musikant, is landswyd bekend vir sy puik werk met kore.  Hy is veral bekend vir sy vermoë om te werk met stemkwaliteit en om die klank van ‘n koor uit te bou.

Enkele hoogtepunte uit die onlangse verlede:

  • Deelnemers aan Applous Nasionale Gala konsert in 1997.
  • Optrede saam met Drakensberg Seunskoor asook Rentmeester Jeug Kunstefees se Gala-aand.
  • Besoek Nasionale Kunstefeeste soos KKNK (2001) en Inniebos (2004).
  • Onderneem jaarlikse binnelandse toere, 2002 na Europa en in 2007 na Argentinië.
  • 2006:  Nasionale wenners Ope-Afdeling SA Schools Choral Eisteddfod. 
  • 2008:  Naaswenners Ope Afdeling SA Schools Choral Eisteddfod.
  • Tree jaarliks op by verskillende koorfeeste.  Ons eie prestige koorfees word aangebied by die Voortrekker Monument aangebied.

Die koorjaar strek vanaf September tot Augustus die volgende jaar, veral ter wille van graad 12-leerders.  Oudisies is gewoonlik in Augustus, maar kan ook op ander tye gereël word.  Kontak gerus die kantoor vir meer besonderhede.