Ouboet en sus

Judokampioene

Ruan-Tobie Snyman (oud-leerling van Hoërskool Florida) en Unelle Snyman (tans matriekleerling aan Hoërskool Florida) doen albei judo vandat hulle 5 jaar oud is. Hierdie jaar is jare se harde werk en deursettingsvermoë beloon met ongelooflike geleenthede. Ruan-Tobie is gekies as 1 van 6 judoka wat aan die Statebondspele in Glasgow gaan deelneem het waar hy uitsonderlik presteer het deur ‘n silwer medalje te wen. Unelle het op haar beurt gekwalifiseer om aan die Jeug Olimpiese Spele in China te gaan deelneem en sal 1 van 54 atlete wees wat Suid-Afrika  by hierdie Spele gaan verteenwoordig.