|
 Meer foto's by: JOKfees
2009 JOKfees
2008 JOKfees
2007
Harry
Kalmer skryfkursus "Skrap al die byvoeglike
naamwoorde, skrap die slot! (of leer ek die kinders nou verkeerd, juffrou? -
moenie die leser se intelligensie onderskat nie!" Dit is van die
enkele stimulerende en vars gedagtes wat die bekroonde skrywer en dramaturg,
Harry Kalmer, tydens 'n eerste skryfkursus vir leerlinge gebesig het (o ja,
"en asseblief laat staan die hoogdrawendheid, moenie woorde gebruik
waarvan jy nie die betekenis ken nie". Die skryfwerkswinkel het
plaasgevind tydens Florries se JOK-fees (Kultuurfees). Alhoewel die
werkswinkel bedoel was vir leerlinge, 'n eerste en "baie aangename
ervaring" vir Harry Kalmer, het 'n 2de jaarstudent en twee onderwyseresse
dit ook bygewoon. Daar is 'n hele paar oproepe ontvang van volwassenes
wat dit wou bywoon. Die 30 leerlinge van Hoërskool Florida asook
Hoërskool Bastion was eenstemmig dat dit 'n voorreg was om by Harry Kalmer te
leer - die blink oë en opgewondenheid het vertel dat Harry in 4 ure daarin
geslaag het om hierdie leerlinge aan te moedig en te stimuleer. Hy het
aanbeveel dat jy elke dag moet skryf. Verryk, gemotiveer en trots met 'n
sertifikaat deur Harry Kalmer geteken onder die arm, het hulle daar uitgestap -
gereed om die uitdaging van die skrywerswêreld te pak. Al dra dit net by
tot meer punte in die eindeksamenvraestel se kreatiewe skryfwerk en word hy of
sy nou nie 'n tweede André Brink of Harry Kalmer nie, was dit deur en deur die
moeite werd.  Kiara Oosthuizen, Harry Kalmer, Simónn Kleynhans  Aliehse Roodt, Lara van der Merwe, Harry Kalmer,
Christelle Engelbrecht en Lindré Nothnagel.
Foto's - André Groenewald
JOK-Fees
2011
Vir 'n Volledige
program vir die JOK-Fees 2011 klik hier
'n Paar hoogtepunte...
Navi Redd
Met:
Dean, Hanno, Dawie, Killer, Schalk, Hennie en Sparky
Die
rebelle van a capella is terug met ‘n splinternuwe produksie propvol treffers
van o.a. The Bee Gees, Bryan Adams, Jannie Moolman, Steve Hofmeyr, Rolling Stones, Timbaland, Celine
Dion, CCR, Grease, Nickelback, en selfs ‘n keurspel van Kurt, Theuns en
Nicholis Louw...elk verwerk op die unieke Navi Redd manier.
Geen “back-tracks”, geen musiekinstrumente! ‘n Mengsel
van stem, klank, humor en energie wat jy nie mag misloop nie.
Soos gesien
op Noot vir Noot, Egoli, 7de Laan, Kwela, Gons, DKNT en Dis hoe dit is met
Steve.
Die bekende Richard Loring het die volgende te sê oor Navi Redd:
“Navi Redd is one of
those rare breed of artists who combine a spellbinding mastery of vocal sounds
with captivating originality. This is seen in their innovative ideas in
marketing and reaching younger and newer audiences in the music market in
South-Africa.
Their vocal expertise and passion for their work, make them
especially marketable in the South African Industry, where audiences have not
been exposed to their work. I believe that Navi
Redd is one of the most exciting, accomplished and promising vocal groups
to emerge from South Africa…”
Vir meer inligting besoek gerus hul webwerf op www.naviredd.co.za Dinsdag
2 Augustus - sien program.

Skryfkursus
deur Oud-Florrie, Harry Kalmer. Meer inligting
klik hier

Saterdag
30 Julie - sien program.
Harry Kalmer (bekroonde skrywer) en Lina le Roux
(adjunkhoof & hooforganiseerder JOK-fees) en
André Groenewald (Dir. Skakeling)
 Die
Tuindwergies Donderdag 4 Augustus - sien program.
JOKfees
(Jeug-Oor-Kultuur)
DIE IDEE
- Het posgevat by 'n oudleerder en haar ma, Henriëtte-en
me Jeanette Fourie, in samewerking met mnr Niekie van
den Berg
DIE DOEL
- om 'n verhoog daar te stel waar talentvolle hoërskoolleerders
kan optree en om leerders aan kultuur bloot te stel.
DIE PROSES
- nie lank daarna nie is 'n opleidingskursus aangebied
deur die ghoeroes van die KKNK, Karen Meiring en Jans
Rautenbach wat vir belangstellendes van heide en verre
kom vertel het van die moets en moenies verbonde aan
'n kunstefees.
'n LOGO
sien die lig. Spel tussen woord, letters en beeld
resulteer in Jeug-Oor-Kultuur
DIE KARAKTER
van die JOKfees ontwikkel as 'n tradisionele feesweek
aangebied by Hoërskool Florida waar blootgestel
word aan kultuur. Die fokuspunt is nie uitsluitlik
kuns- en kultuur nie, maar ook blikkiesbou, 'n Franse
teetuin - Café Provence - aangebied deur die
Franse Departement, entrepreneurs-geleenthede, dans
en baie meer. Die doel is ook nie na kulturele
verryking nie, maar sommer net gesonde pret en ontspanning.
Leerders
van alle hoërskole is welkom om in te skryf en
deel te neem.
UITVOERENDE
KUNSTE:
1. Afrikaanse
en/of Engelse Eenbedrywe 2. Kore 3. Solosang 4.
Sang ensemble 5. Solo Instrumentaal 6.
Ensemble Instrumentaal 7. Kontemporêre
Dans 8. Kuns 9. Eksperimentele werk
(Groeptema/Informeel/beweging) 10. Mimiek.
VISUELE
KUNSTE
1. Skilderkuns 2.
Beeldhoukuns 3. Grafiese kuns (lino,
etz, monotipes) 4. Tekenkuns
IN 2001
is die eerste JOKfees aangebied.
GASKUNSTENAARS
wat al oor die jare opgetree het sluit in: Randal
Wicomb, Pieter Smit, Navi Red, Mathys Roets, Overtone,
Coenie de Villiers, Glaskas, Lucas Maree, Theuns Jordaan,
Revolusie, Prime Circle, Nataniël
Projek-fotos:
Blikkiesbou
projek:

Amazing
Race:

Drama-aand:


Afrikaanse
dag:

Lucas
Mare:

Glaskas:

|