Idols
Idols vind jaarliks aan die einde van Julie plaas en is die afskopvertoning van ons JOK-fees. Hierdie kompetisie het ontwikkel tot een van die kultuurhoogtepunte op die skool se kalender.
Die kompetisie bestaan uit twee fases:
- ‘n Uitdunrondte by Flora Sentrum
- Die gala-aand in die skoolsaal.
Tydens die gala-aand word daar van professionele klank en beligting gebruik gemaak. Beoordelaars uit die musiekbedryf beoordeel die deelnemers en hul stemme tel altesaam 50%. Die gehoor stem ook en hulle stemme maak die ander 50% op. Die tema en dekor is elke jaar iets besonders. Hierdie is net nog ‘n unieke geleentheid vir Florries om hul talente uit te leef.
2017 SE WENNER!

ONS FINALISTE