Idols

Idols vind jaarliks aan die einde van Julie plaas en is die afskopvertoning van ons JOK-fees. Hierdie kompetisie het ontwikkel tot een van die kultuurhoogtepunte op die skool se kalender.

 Die kompetisie bestaan uit twee fases:

  1.  ‘n Uitdunrondte by Flora Sentrum
  2. Die gala-aand in die skoolsaal.

Tydens die gala-aand word daar van professionele klank en beligting gebruik gemaak.  Beoordelaars uit die musiekbedryf beoordeel die deelnemers en hul stemme tel altesaam 50%. Die gehoor stem ook en hulle stemme maak die ander 50% op. Die tema en dekor is elke jaar iets besonders. Hierdie is net nog ‘n unieke geleentheid vir Florries om hul talente uit te leef.

20170609121154_IMG_2658.JPG

2017 SE WENNER!

 
Group ShotIMG_2673.jpg

ONS FINALISTE