Nuwe Adjunkhoof

Ons verwelkom graag ons nuwe adjunkhoof – me. Ronelle Nell. Hoërskool Florida is baie opgewonde dat sy by ons aansluit om haar kundigheid op vele terreine met ons te kom deel. Ons vertrou dat u aanstelling vir u groot verwagting sal inhou en dat u baie gelukkig by die Florrie-familie sal wees. Ons weet u sal sommer vinnig tuis voel en die Florrie Magic ervaar.

Baie geluk met u aanstelling en mag u groot seën op u arbeid ontvang.Ons sien met groot verwagting uit daarna om saam met u te werk, want ons weet u sal ‘n groot verskil maak.