BAADJIESEREMONIE: 28 JANUARIE 2019

Dit is vir ons ʼn besonderse eer en voorreg om mnr. Katzke se aanstelling as hoof van  van Hoërskool Florida te herdenk.  Mnr. Katzke is nou twee jaar hoof by ons wonderlike skool.

Ons weet dat mnr deur die Here na ons gestuur is en ons het groot dankbaarheid daarvoor in ons harte.   Mnr het in die twee jaar beslis ‘n positiewe bydrae gelewer en sommer baie waarde toegevoeg.    Dankie dat mnr altyd ‘n oop deur het, en beskikbaar is vir almal wat mnr se raad en hulp nodig het.  Dankie vir mnr se ondersteuning en liefde.

Ons wil vanoggend graag ‘n stukkie lees vir die skool uit mnr se eerste toespraak aan ons skool op 6 Februarie 2017:   Ek haal aan:

Ek het ʼn paar sê-goed waarhede wat ek graag met julle wil deel:

Ons moet glo ons is ons ma se mooiste, slimste en oulikste seun of dogter.  Kyk elke oggend in die spieël en sê dit vir jouself – dit werk.

Middelmatigheid in vandag se lewe is bloot nie meer goed genoeg nie.  Jy moet die beste jý wees wat jy kan.  Kom ons gaan leef dit.

Die grootste uitdaging vandag is om waardegedrewe te lewe.  Vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid, verdraagsaamheid, liefde, eerbied, vrede en respek is nie onderhandelbaar nie – dit moet ʼn leefwyse wees.

Kom ons gaan doen dit.

Jy is God se kind en jy is vir Hom spesiaal.

Glo dit.

_DSC9225.jpg

Dankie vir mnr se harde werk die twee jaar.  Dankie dat mnr altyd Hoërskool Florida se belange eerste stel.  Dankie vir die mooi voorbeeld wat mnr vir ons stel.   Ons kan sien dat mnr passievol is en groot drome vir ons skool het.

Soos die skoollied sê:  “Hier word troue bande saam gesmee, hier dien ons getrou, vlug soos die arend met die daadkrag van ʼn span, dien ons saam ons naaste, tot eer van Sy naam.  Florida, ons sal jou naam in ere dra.  Ons dien, ons dien getrou”.

Mnr. Katzke, ons salueer u vandag, ons weet dat ons vandag, en elke dag die Florrie Magic sal ervaar, want ons bloed is groen!

Ons hoop en glo dat ek mnr ‘n lang en gelukkige verbintenis met Hoërskool Florida sal hê en ons dra mnr en Hoërskool Florida in ons gebede op.

Ons sluit af met ‘n aanhaling deur:  Ralph Waldo Emerson:  “Niks in die lewe wat die moeite werd is, is ooit bereik sonder entoesiasme nie”.