DISTRIKSPRYSUITDELING

Hoërskool Florida ontvang die volgende Distrikstoekennings:

  1.  Die “Excellence in Schools Award” gebaseer op die gehalte uitslae.

  2.  Die algehele beste prestasie “Overall Excellence School” gebaseer op alle kriteria.

Die volgende personeel ontvang toekennings vir beste gemiddeld in hul onderskeie vakgebied in die Distrik:

Vak Personeel
Dramatiese Kunste – 84.5% Me. H. Van Straten
Lewensorientering – 84,26% Mnr. J. Botha, Me. E. Pelser
Engels FAL – 66.85% Mee. A. Kruger, R. Strydom, J. Van Wyk en D. du Preez
IGO – 63.4% Mnr. J. Byleveld
Afrikaans – 60% Mee. F. Van Niekerk, A van Heerden, AM. Kruger en M. Vorster
Gasvryheidstudies – 54.60% Me. R. Maritz
Lewenswetenskap – 60.78% Me. Mara Sorgdrager

 Die volgende leerders behaal die hoogste persentasie in die verskillende vakke:

  •  Erya Bergh

    •  Dramatiese Kunste (100%)

  •  Riaan Oosthuizen

    •  Musiek (87%)

  •  Daniël Jordaan

    •  Siviele Tegnologie (85%)

  •  Tenicke Smit

    •  Gasvryheidstudies (88%)

Die Distrik gee nie toekennings vir Duits, Frans en Alpha Wiskunde nie, alhoewel ons die hoogste gemiddeld behaal.

Florries bied ook Engels Huistaal aan en behaal ʼn gemiddeld van 66.63% (hoogste in die Distrik – me. A. Roets).

Erya Bergh ontvang die toekenning vir die Top Presterende leerder van “Town Schools”, met ‘n gemiddeld van 91.43%.

Hoërskool Florida is voorwaar trots op al hierdie pragtige prestasies en ons personeel en leerders se harde werk en toewyding.Mag hierdie prestasies ons almal motiveer en verder aanmoedig om in 2019 selfs nog beter te presteer.

Erya Bergh en Tenicke Smit Matriek 2018 Distrik (1).JPG