Baie geluk aan ons nuutverkose Beheerliggaam

Groot dank aan alle ouers wat hierdie baie belangrike verkiesing bygewoon en verseker het dat ons ʼn kworum was.  Die nuutverkose ouerlede mee. Tersia Volschenk, Katrina Steyn, Mariza Labuschagne en mnre. Neil van Jaarsveld, Leon Jansen, Ben Abeln, Albert Barnes, Eddie van Staden en Attie Bekker word baie sterkte toegewens met u dienstermyn en ons vertrou dat alle rolspelers lekker gaan saamwerk.  Geluk aan die opvoederlede mnr. Koos Jansen van Vuuren, mee. Lina le Roux, Audrey Roets en nie-opvoederlid, me. Elke Jansen.  Mag u toesien dat alle ouers, leerders en onderwysers se belange te alle tye prioriteit geniet.  Baie sterkte aan elkeen van u.