Hoërskool Florida Skaak

Hoërskool Florida se jaarlikse skaakinterhuis het weer op Saterdag, 27 Januarie, plaasgevind. ‘n Klomp entoesiastiese skaakspelers was al vroeg die oggend by die skool om hulle skaaktalente ten toon te stel. Daar is ses rondtes gespeel wat natuurlik ‘n paar verrassings opgelewer het. Die spelers het meegeding om as die algehele wenner aangewys te word en die graad agts het ook meegeding om as die graad agt-wenner aangewys te word. Die algehele wenner was Marko Kies, tweede was Michael Davis en derde Byrone Curgenven. Die graad agt wenner was Sheldon Boshoff, tweede was Christopher Buitendag en derde Vian ….

 

Hoërskool Florida sien uit na ‘n suksesvolle skaakjaar met ‘n ervare afrigter, S.J. Breytenbach, wat hulle afrig.