Hoofleiers Praat

Hoofseun: Henrico Schoeman

_DDP4854.JPG

Dit is vir my n reuse voorreg om deel te kan wees van so n ongelooflike skool!

n Besondere welkom aan elke nuwe Florrie wat hul eerste treë by Hoërskool Florida in 2018 geneem het. Vat jou mede leerder se hand en word so ook nou deel van hierdie uitmuntende span.

Hiér waar die weivelde groen is kweek briljante talente en akedemiese prestasies wat altyd sal bly. Toekennings waaroor jy altyd kan trots wees.

Pak elke uitdaging van hierdie jaar met passie en selfversekerdheid aan en maak seker dat jou 2018 n sukses sal wees.

Wees elke dag beter as die vorige dag, 2018 wag op ons!

Hoofmeisie: Kaysha Barnes

Dit is vir my n baie spesiale voorreg, asook n eer, om as hoofdogter van Hoërskool Florida vir 2018 te dien.

Opwinding is beslis my eerste gedagte as ek aan die jaar wat voorlê dink. My wens is dat 2018 een van Hoërskool Florida se mees besonderse nóg sal wees. Mag dit n geseënde jaar vol van passie en trots wees waar ons steeds op ons skool se "Florrie-magic" voortbou en mag elke Florrie daagliks in sy/haar eie gebied floreer. Wees elke dag net die beste jy wat jy kan wees, sprei jóú vlerke!

Kom ons neem die Here se hand. Saam met Hom is enige iets moontlik