Hoërskool Florida En Renico

Die Florrie-harte klop warm oor die reuse verbeteringe wat Renico Konstruksie gratis op ons terrein aangebring het.

Vanaf die eerste kontak met Nico Louw het dinge net gebeur. Eers was dit die pad vanaf die sporthek na die sportvelde, en daarna het ons hele wenslysie ten opsigte van ʼn drama-teater, aanlê van krag en water na die netbalklubhuis, opgradering van klasse, plaveisel en nog baie meer, waar geword. Ons is sprakeloos gelaat.

Ons wil graag hierdie Oud-Florrie en sy Renico span diep uit ons harte bedank. Mag ons liewe Vader jou en jou besigheid ryklik seën.

Vir fotos oor die projekte sien hier