Uit Die Hoof Se Kantoor

NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE HOOF

 Liewe Florrie

File_000.jpeg

Baie welkom terug aan alle Forrie-leerders, onderwysers, bestuurslede, administratiewe- en terreinpersoneel, skoolbeheerliggaam en ouers.

‘n Besondere woord van welkom aan ons nuwe graad 8 leerders en hul ouers.  Ons vertrou dat almal heerlik uitgerus en opgewonde is oor 2018.

Florries onthou om die beste jy te wees wat jy kan, want middelmatigheid in vandag se lewe is bloot nie meer goed genoeg nie. Onthou om elke dag te glimlag, want jy lewe – leef elke dag doelgerig en voluit!  Wees dankbaar vir groot genade!

Die grootste uitdaging vandag is om waardegedrewe te leef.  Vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid, verdraagsaamheid, liefde vir ander, eerbied en respek is nie onderhandelbaar nie – dit is wat ‘n ware Florrie doen.

Ons is dankbaar en ongelooflik trots op ons skitterende gr. 12 uitslae!  Hoërskool Florida spog met ‘n 100% slaagsyfer en 241 onderskeidings.  Stéfan Nel is met ‘n gemiddeld van 96.4%  aangewys as een van Gauteng se toppresteerders en het ‘n toekenning as naaswenner van die minister van onderwys ontvang.

Baie dankie aan die 2017 matrikulante vir hul toewyding en pragtige prestasies!

Mag 2018 vir ons almal ongekende voorspoed en seën inhou.

Julius Katzke