Florries 2017 se Uitblinkers

FLORRIES SE NEL-TWEELING SLIMSTES ONDER DIE SLIMMES... en 100% slaagsyfer vir Florries se Graad 12`s !

Hoërskool Florida se hoof mnr Julius Katzke, die personeel en al die Florries loop breë bors rond na die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se uitslae bekend gemaak is.

Nie net spog die Florries met `n 100 %- slaagsyfer nie , maar die Graad 12`s van 2017 het ook `n volle 241 onderskeidings ingepalm.

Stéfan Nel, Melanie Nel, Christo Theron, Anja Schoeman en Gustav Grobler  het elk 8 onderskeidings behaal.Marikus Leibrandt het 7 onderskeidings behaal, Melissa van Eeden en Jeandré Viloen het 6 onderskeidings behaal terwyl Cleo Ferreira, Jeanne Fourie, Chantel le Roux, Shaun de Villiers en Choki Mogotlane elk 5 onderskeidings behaal het.

Nel 2.jpg

Die room van Florries se oes is egter Stéfan Nel wat met `n formidabele 96,4 % gemiddelde persentasie spog.  Stéphan het in al agt sy vakke meer as 90% behaal en het daarin geslaag om nie `n enkele fout in Wiskunde te begaan nie – 100 % vir Wiskunde is beslis `n noemenswaardige prestasie. Sy ander vakke was ook sommer naby aan volpunte: Rekeningkunde 99 % , IT 98% , Lewensoriëntering 97%, Afrikaans 96% Geskiedenis 94% Engels HT 91% en Alpha Wiskunde 90%.

Stéfan is ook op 5 Januarie tydens `n spesiale prysuitdeling deur die MEC van Onderwys in Gauteng ,Panyza Lesufi, as die tweede beste presteerder in Gauteng aangewys. Angie Motshekga minister van Onderwys het ook hierdie spog geleentheid bygewoon.

Nel 1.jpg

Stéphan se tweelingsuster, die Florries se hoofdogter van 2017, Melanie volg kort op sy hakke met net sulke spogpunte.  Sy het ook 8 onderskeidings behaal met ses vakke bo 90%. en `n gemiddelde persentasie van 92,5%.

Hoërskool Florida se verlies is beslis die Universiteit van Pretoria se aanwins in 2018. Albei hierdie toppresteerders gaan Tukkies word. Stéfan gaan BSC Aktuarele Wetenskap studeer en Melanie gaan Meganiese Ingenieurswese studeer met Biomediese Ingenieurswese (Honneurs) as finale mikpunt.

Die jaar se harde werk, ekstra klasse en baie opoffering van onderwysers en leerders het beslis vrugte afgewerp!