Netbal Nuus

Jaarliks neem Hoërskool Florida deelaan die TUKS-sportreeks.  Hierdie jaar het die Eerste-netbalspan hulle groepwedstryde afgeskop deur vir Marais Viljoen in Alberton te klop.  Die volgende week ontmoet hulle vir Hoërskool Nelspruit en maak skoon skip met hulle.  Daarna loop hulle vas teen Hoërskool Garsfontein, maar eindig nogsteeds tweede in hulle groep en dring deur na die top 8 van die kompetisie.  

In die Uitspele om te bepaal wie speel uit vir posisie een tot vier is Transvalia die Eerstes se teenstanders.  Hoërskool Florida se span speel puik onder baie druk van die skare en klop vir Transvalia met 2 doele om deur te dring na die Top 4.  

Hulle gedugte teenstanders in die semi-finaal is HTS Middelburg, maar die dogters speel vinnig af met hulle en wen 24 – 14.  Hulle opponent vir die finaal is weereens Hoërskool Garsfontein.  ‘n Klipharde wedstryd waar albei spanne sports man gees en ongelooflike karakter getoon het is na die vier kwarte gelykop.  Daar sal ekstratyd gespeel moet word…na hierdie ekstratyd is die telling nog maals gelyk op 17 – 17.  Daar word ‘n “sudden death” rondte gespeel waar die eerstespan wat ‘n doel aantekening wen.  Na 3 minute se spel doel Garsfontein se hulpdoel die bal in en Florries verloor ‘n titaniese stryd.  

Nog maals het ons dogters hulle staal gewys en loop weg met ‘n silwermedalje.  Pragtig dogters! Julle is waarlik Florrie Fantasties!