DISTRIKSPRYSUITDELING
/Florries presteer weer op alle gebiede in die distrik
Read MoreHoërskool Florida leerder Ethan Kirstein Gr 9 het op 28 Julie 2018 aan die 12de Nasionale Kampioenskappe vir Abakus wiskunde deelgeneem waar hy Gauteng verteenwoording het. Ethan het sy Gauteng kleure in Mei 2018 verwerf. Ethan het ‘n “Champion of Champions” trofee (eerste plek) ontvang en is vir die 9de agtereenvolgende keer gekies om Suid-Afrika te verteenwoording by die Internasionale kompetisie in Malaysia in Desember 2018. Baie geluk!
Read MoreHoërskool Florida se 0/14 A span het ons skool se naam regtig hoog hou die afgelope naweek in die Virseker beker skild finaal teen Middelburg by LC de Villiers stadium in pretoria, ongelukkig kom hulle nie die wedstryd deur hak nie maar het tot op die einde gepeel. Ons is trots op julle seuns
Read MoreGroot dank aan alle ouers wat hierdie baie belangrike verkiesing bygewoon en verseker het dat ons ʼn kworum was. Die nuutverkose ouerlede mee. Tersia Volschenk, Katrina Steyn, Mariza Labuschagne en mnre. Neil van Jaarsveld, Leon Jansen, Ben Abeln, Albert Barnes, Eddie van Staden en Attie Bekker word baie sterkte toegewens met u dienstermyn en ons vertrou dat alle rolspelers lekker gaan saamwerk. Geluk aan die opvoederlede mnr. Koos Jansen van Vuuren, mee. Lina le Roux, Audrey Roets en nie-opvoederlid, me. Elke Jansen. Mag u toesien dat alle ouers, leerders en onderwysers se belange te alle tye prioriteit geniet. Baie sterkte aan elkeen van u.
Read MoreDit is vir my n reuse voorreg om deel te kan wees van so n ongelooflike skool!
Dit is vir my n baie spesiale voorreg, asook n eer, om as hoofdogter van Hoërskool Florida vir 2018 te dien.
Read MoreHoërskool Florida se jaarlikse skaakinterhuis het weer op Saterdag, 27 Januarie, plaasgevind. ‘n Klomp entoesiastiese skaakspelers was al vroeg die oggend by die skool om hulle skaaktalente ten toon te stel. Daar is ses rondtes gespeel wat natuurlik ‘n paar verrassings opgelewer het.
Read MoreBaie, baie geluk Florries! 100% slaagsyfer, 241 onderskeidings.
Hoërskool Florida het uitstekend presteer, en ontvang die volgende toekennings:
NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE HOOF
Baie welkom terug aan alle Forrie-leerders, onderwysers, bestuurslede, administratiewe- en terreinpersoneel, skoolbeheerliggaam en ouers.
‘n Besondere woord van welkom aan ons nuwe graad 8 leerders en hul ouers. Ons vertrou dat almal heerlik uitgerus en opgewonde is oor 2018.
Florries onthou om die beste jy te wees wat jy kan, want middelmatigheid in vandag se lewe is bloot nie meer goed genoeg nie. Onthou om elke dag te glimlag, want jy lewe – leef elke dag doelgerig en voluit! Wees dankbaar vir groot genade!
Die grootste uitdaging vandag is om waardegedrewe te leef. Vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid, verdraagsaamheid, liefde vir ander, eerbied en respek is nie onderhandelbaar nie – dit is wat ‘n ware Florrie doen.
Read MoreHoërskool Florida se hoof mnr Julius Katzke, die personeel en al die Florries loop breë bors rond na die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se uitslae bekend gemaak is.
Nie net spog die Florries met `n 100 %- slaagsyfer nie , maar die Graad 12`s van 2017 het ook `n volle 241 onderskeidings ingepalm.
Stéfan Nel, Melanie Nel, Christo Theron, Anja Schoeman en Gustav Grobler het elk 8 onderskeidings behaal.Marikus Leibrandt het 7 onderskeidings behaal, Melissa van Eeden en Jeandré Viloen het 6 onderskeidings behaal terwyl Cleo Ferreira, Jeanne Fourie, Chantel le Roux, Shaun de Villiers en Choki Mogotlane elk 5 onderskeidings behaal het.
Read MoreLiewe voornemende Florrie en Florrie-ouers. Baie welkom by Hoërskool Florida, die toonaangewende skool wat presteerders kweek.
Hoërskool Florida is al vir 72 jaar ʼn trotse baken in ons omgewing met ʼn ryke tradisie, statige skoolgeboue en fantastiese sportfasiliteite. Ons skool is ons en menige oud-Florrie se trots.
Read More