Gholf

Gholf is al van 1991 af ‘n sport by Hoërskool Florida. Ons neem deel jaarliks aan die liga deel en is baie trots op ons gholfspelers se prestasies.  Die skool het ook al verskeie Gholftoere onderneem, soos die Suidkustoere in Natal waar die seuns die bekende Pepperpots- toernooi gewen het.

Ons speel Dinsdag-middae op C M R, Ruimsig of Krugersdorp se bane.  Daar word ook op ander bane gespeel waaronder : Sun City, Lost City, Magalies Park, Eagle Canyon en Pecanwood. Seuns en dogters wat belang stel om Gholf te speel hoef nie ‘n amptelike voorgee te hê om in die sosiale span te kan speel nie. Hulle moet net hulle eie stokke besit.

Mnr Ronnie Wise dien as voorsitter van die Unie en word ook gekies om op die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfunie se bestuur te dien.


Afrigters, Organiseerders & Oefentye

  • Afrigter: R Wise
  • Oefentye: 

Resultate

In 2016 neem die A en B spanne deel aan die volgende twee liga's:

  • "Betterball" kompetisie by Ruimsig
    • Verower die 4de en 9de plek
  • Skoollige op Krugersdorp
    • Verower die 4de plek

Prestasies

Hier volg van ons prestasies die afgelope jare. Ons is trots op die volgende spelers wat professioneel gholf speel,  of wie by afrigting betrokke is:

  • In 1995 behaal Florida ‘n tweede plek in die Noordvaal Liga by Sun City.
  • In 1997 wen Florida die Direkteurstrofeë en word as die twedee beste skoolspan in die land aangekondig. Die span bestaan uit Mario v Zyl, Albert Kruger, Jan Louis Kruger en Marnus Trumpelmann.
  • Die skool se A liga-spanne het vanaf 1993 tot 2004 die Wesrandliga al twaalf keer verower.
  • Ons spanne word ook jaarliks geborg deur onderskeie instansies waarvan Sky Net en Storage betrokke was.

Ons is trots op die volgende spelers wat professioneel gholf speel,  of wie by afrigting betrokke is:

  • Albert Kruger - Speler van die jaar as amateur en speel tans professioneel.
  • Jan Louis Kruger - Bekende afrigter aan die Wesrand. 
  • Leandri Pieterse - Nasionale kleure in haar graad verwerf en speel tans professioneel
  • Mario v Zyl - Werk in Dubai by David Letbetter se Gholfakademie, as Professionele afrigter.
  • Mercia Pretorius - Gauteng Vroue Gholfspan
  • Raymond Sudding - Professionele Gholfspeler

Ons is trots op die spelers wat provinsiale kleure verwerf het:

  • 2013: Loutjie J v Vuuren - Behaal ‘n algehele 15e plek in die land se Provinsiale Skoletoernooi.
Mnr R Wise en Loutjie J v Vuuren ontvang Gholfhemde van die borge Storage se Frances Bacon.

Mnr R Wise en Loutjie J v Vuuren ontvang Gholfhemde van die borge Storage se Frances Bacon.

  • M Pretorius - Gauteng Vroue span.
  • P Sieberhagen
  • E Conradie
  • D Eckhout
  • R Sudding
  • R v Zyl
  • Q Pretorius
  • D Nelson
  • Mario v Zyl - Noordelike Provinsies Span
  • Leandri Pieterse - Gauteng Vroue Span, Noordelike Provinsie Span, Proffesionele speler.
  • F Kotze
  • J Abri
  • H Pienaar
  • Marnus Trumpelmann - Professionele speler
  • Jan Louis Kruger
  • Albert Kruger - Professionele speler

Voorwaar prestasies waarop ons baie trots kan wees!