Filtering by: Voor_Hoof

Hoërskool Florida Golfdag – 2019
Sep
13
10:30 AM10:30

Hoërskool Florida Golfdag – 2019

Beste Gholfspeler

Aangeheg vind u al die besonderhede rakende ons skool se Gholfdag wat op Vrydag 13 September 2019 om 10:30 by die Krugersdorp Gholfbaan sal plaasvind. U het alreeds u uitnodiging per epos ontvang.

Kan u asb so spoedig moontlik u speelgelde vir u vierbal in die skool se rekening inbetaal. (Rekening van skool aangeheg aan die epos). Stuur dringend die bewys van betaling vir ons. U sal na ons u epos ontvang het vir bewys van betaling die finale reëlings aangaande die dag ontvang. Ons nooi alle oud Florries en vriende van Hoërskool Florida na ons jaarlikse Gholfdag. Maak die datum vas en kom geniet weer ‘n dag saam met oud skoolvriende.

Kom en geniet ‘n heerlike dag op die gholfbaan en kuier lekker saam. Kom wees asseblief deel van hierdie gewilde dag.

Hoop regtig om u almal te kan ontvang en lekker saam te kuier.

PLEK

Krugersdorp Gholfbaan

DATUM

Vrydag 13 September 2019

AFSLAAN TYD

“Shotgun Start” vanaf 11:00

FORMAAT

“Betterball Stableford”

KOSTES PER VIERBAL

R2500

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.

Indien u nie die dag gaan meemaak nie kan u ons ook asb laat weet.

 Gholfgroete. 

Ronnie Wise

View Event →
SISTER ACT DEUR HOËRSKOOL FLORIDA
Apr
24
to Apr 27

SISTER ACT DEUR HOËRSKOOL FLORIDA

  • Roodepoort Civic Theatre (map)
  • Google Calendar ICS

Sister Act is about a Reno lounge Singer named Deloris van Cartier who witnesses her mobster boyfriend, Curtis, killing an employee.  She is then hidden in a convent under a witness protection programme.  She has to become a nun... Sister Mary Clarence.  However in this convent Deloris doesn’t just sit around all day... she goes clubbing and brings the ways of the world into the life of the nuns leading to many confrontations with the Mother Superior.  She also turned the dull, lifeless choir into a hip one which leads more people to the church.  But how long will it be before knowledge of this choir and Deloris reaches Curtis and the thugs...

Tyd:  18:30

Datum van optredes:  24 April 2018 – 27 April 2018

Kaartjie pryse:

Dinsdag:  R80

Woensdag & Don:  R100

Vrydag:  R120

Vir kaartjie besprekings kontak Thea Fourie by theaf@florries.co.za

(L.W.  Skole is gesluit vanaf 29 Maart en heropen weer op 10 April).

View Event →
Hoërskool Florida Opedag
Mar
14
1:00 PM13:00

Hoërskool Florida Opedag

UITNODIGING OPEDAG WOENSDAG 14 MAART 2018

Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.

Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord. 

Hoërskool Florida ontvang jaarliks die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings

tydens die distriksprysuitdeling.  Die skool is beslis die akademiese bastion aan die Wesrand!

Vir verdere inligting en navrae, moet u beslis Hoërskool Florida se Opedag op Woensdag 14 Maart 2018 bywoon.   Kom vergewis uself van wat hierdie unieke skool u en u kind bied.

View Event →