
UITNODIGING OPEDAG WOENSDAG 14 MAART 2018
Geagte Ouers en Graad 7-leerders
Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.
Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord.
Hoërskool Florida ontvang jaarliks die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings
tydens die distriksprysuitdeling. Die skool is beslis die akademiese bastion aan die Wesrand!
Vir verdere inligting en navrae, moet u beslis Hoërskool Florida se Opedag op Woensdag 14 Maart 2018 bywoon. Kom vergewis uself van wat hierdie unieke skool u en u kind bied.
Die program vir dié dag sal as volg verloop:
13:00 – 13:45 Aankoms en ete (Graad 7’s)
13:45 – 14:00 Indeling in groepe
14:00 – 17:30 Roteer na verskillende aktiwiteite
17:30 – 18:00 Blokke
18:00 – 18:30 Ouers arriveer
18:30 – 20:00 Saalprogram (Ouers en Graad 7’s)
Ons besef dat vervoer na Hoërskool Florida ‘n probleem kan wees. Ons onderneem dus om leerders by laerskole te gaan haal en na die hoërskool te vervoer. Die antwoordstrokie moet daarom korrek voltooi word en aan u betrokke laerskool terugbesorg word. Die antwoordstrokies sal daar afgehaal word. Neem asseblief kennis dat u self verantwoordelik is vir die vervoer terug huis toe. Die verrigtinge sal tot ± 20:15 duur.
Kom word deel van die Florrie-Fantastiese-Familie! Hier is elke dag ‘n vervullende belewenis.
Hoërskool Florida – die besliste keuse van ingeligte ouers en toppresteerders!
Florriegroete