Bergfiets

Florries se bergfietsspan is beslis nie bang vir modder, spoed of om te val nie.  Bergfietswedren is 'n relatiewe nuwe sport by Hoërskool Florida, daarom nooi ons graag elke Florrie uit om aan hierdie pret aktiwiteit deel te neem.

Ons neem deel aan die Gautengliga asook verskeie sosiale wedrenne, wat spangees bou en ons span op ‘n sosiale manier ontwikkel.  Daar sal ook een wegbreek naweek wees om na uit te sien, waar ons Florries leer van kamp, Florrie-wees en fietsry.

So stof jou fiets af, maak seker daar is pleisters in die huis en word deel van ons avontuurlustige span.

TOPPRESTASIES:

2009: Nasionale Spankompetisie vir skole - Hoërskool Florida - 1ste Plek


Afrigters, Organiseerders & Oefentye

  • Afrigter & Organiseerder:
    • H Steyn
  • Oefentye
    • Woensdae 15:30

Prestasies

 Lings agter Ruan Greeff en regs agter Heinrich Broodryk  VOOR Nathan Botha

Lings agter Ruan Greeff en regs agter Heinrich Broodryk

VOOR Nathan Botha

Op Saterdag, 21 April 2018 het ons fietsry span deelgeneem aan die 94.2 " Off the Beat and Track" in Irene.  Dit het sommer baie goed gegaan met elkeen wat deelgeneem het. 

Spesiale dank aan al die ouers wat die wedren saam met ons geniet het! 

Baie geluk aan Nathan Botha, Ruan Greeff en Heinrich Broodryk wat aan die “Delta Dash” se 6 ure uithou wedren deelgeneem het en algehele wenners in hulle ouderdomsgroep is. 

 Die volgende wedren is op 5 Mei 2018 by die “Nissan Trail Seekers” te Buffelsdrift


Byeenkomste

 


Uitslae