Bergfiets

Florries se bergfietsspan is beslis nie bang vir modder, spoed of om te val nie.  Ons nooi graag elke Florrie uit om aan hierdie pret aktiwiteit deel te neem.

Ons neem deel aan verskeie sosiale wedrenne, wat spangees bou en ons span op ‘n sosiale manier ontwikkel.  Daar sal ook een wegbreek naweek wees om na uit te sien, waar ons Florries leer van kamp, Florrie-wees en fietsry.

So stof jou fiets af, maak seker daar is pleisters in die huis en word deel van ons avontuurlustige span.


Afrigter, Organiseerder & Oefentye

  • Afrigter & Organiseerder:

    • H Steyn

  • Oefentye:

    • Dinsdae 15:00 - 18:00

    • Donderdae 15:00 - 18:00


Prestasies

Dankie aan ons leerders wat Saterdag, 9 November deelgeneem het aan die laaste Nissan Cullinan #6 - Trailseeker Mountain Bike Series asook Sondag, 10 November se Discovery 947 Ride Joburg wedren.


Mankele-kamp : “Ride like a local“

Twee van ons Florries, Sean van Zyl (gr. 11) en Joshua Smuts (gr. 11) het die voorreg gehad om vanaf Donderdag, 29 Augustus 2019 tot Sondag 1 September 2019 aan ʼn heerlike fietsry-avontuur deel te neem.  

Die twee Florries het saam met Nadine Visagie (afrigter) en nog vier ander fietsryers in klowe en berge by Camp Mankele, naby Nelspruit gaan fietsry.  Hulle het elke dag die bospaadjies, klowe en rowwe terrein in die omgewing aangepak.  Daar is ook gefokus op vaardigheidsopleiding. 

Volgens ons twee Florries was dit ʼn groot voorreg om saam met voormalige Cape Epic-ryers onder andere Chiara De Siena, Jako Visagie, Paris Edwards en Lise Setsaas Fandin van Noorwë te ry. 

Baie dankie aan me. Steyn en die skool vir hierdie groot avontuur en voorreg wat hulle kon geniet!   


Foto Galery