ATKV-Spelathon

Leerders leer in dié spelkompetisie om reg te spel en van goeie kompetisiegees. Die hoop is dat Spelathon die leerders sal aanspoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie!

Dis gróót pret en bou wedesyds goeie verhoudinge. Hoërskool Florida neem al die afgelope drie jaar aan hierdie ongelooflike kompetisie deel. Moedertaal sowel as nie-moedertaalsprekendes neem landswyd deel. Gehore maak tydens hierdie kompetisie ook met die vermaaklikheidswaarde kennis.

Hoërskool Florida se uitdunrondes gesied op 8 Maart 2017.