|

Hoërskool
Florida se tennisspelers het hulle weer besonder
goed van hulle taak gekwyt.
Tydens
die senior- en juniorligas waaraan ses skole nl.
Florida, Monument, Noordheuwel, Roodepoort, Bastion
en KHS deelgeneem het, het die seunsspanne met die
louere weggestap! Die dogters het 'n welverdiende
tweede plek behaal.
Hierdie
prestasie getuig van entoesiasme, deursettingsvermoë
en "FLORRIE-MAGIC"!
Hoërskool
Florida is besonder TROTS op elke tennisspeler.

Agter:
T Lategan, H Blignaut, W Möhlen
Voor:
V Dippenaar, G van Eden, C Rennie
- NuPower en ligas:
Gedurende die
eerste kwartaal vind die NuPower-reeks (bestaan uit 'n senior- en
juniorspan - 4 seuns en 4 dogters) en die Seniorliga (6 seuns en 6
dogters) plaas.
Die gemengde
liga vind plaas gedurende die tweede kwartaal (6 seuns en 6 dogters).
Gedurende die derde
kwartaal vind die juniorliga (4 seuns en 4 dogters) plaas.
Die interne
tenniskampioenskappe begin na die juniorliga. Die doel van dié kampioenskappe is om die
ranglys vir die volgende jaar te bepaal.
- Oefentye:
Maandae: 15:00
- 17:00
Plek: Florida
Park Tennisklub
- Afrigter:
Mnr Hano Botha
(Play Tennis Akademie)
SPANNE:


|