Dial Direct Insurance

Alumni

 

Alumni Algemeen

Alumni Vereeniging

 

Alumni Nuus

ALLE OUD-FLORRIES!!

Sluit gerus aan by die Florries Alumni E-poslys by Googlegroups, deur op die Poslys ikoon hierlangsaan te kliek en 'n blanko e-pos te stuur.

We would also like to hear from the fifties when the school was a dual medium school.


Alumni Poslys:
Kliek om aan te sluit

Alternatiewelik gebruik u e-pos program en stuur 'n blanko e-pos aan:
florries-alumni-subscribe@googlegroups.com

Deur hierdie e-poslys sal u aglemene kommunikasie ontvang al is u nie formele lid van die Alumni Vereeniging.


Ons versoek dat alle oud-leerders van Hoërskool Florida sal seker maak dat hulle op ons databasis opgeneem is: stuur asseblief u naam en van, nooiensvan waar van toepassing,  jaar in matriek en kontakbesonderhede: e-pos, sel, landlyn, inligting oor waaraan jy deelgeneem het of enige opmerking aan Ethne Oelofse (Sekretaresse Alumni-Kantoor) by msschutte@florries.co.za of (011) 672-5345/6. 

'n E-posadres is op hierdie stadium ons beste kommunikasiemiddel.

VOORTSELLE

Naam :

E-Pos :

Titel :

Voorstel:

 

Besoek asb. die alumni webwerf by: www.florriealumni.ning.com

Lidmaatskap aansoek vorm (pdf)
Lidmaatskap aansoek vorm (Word) 

Raison d’être:

  • Om die belange van H/S Florida te bevorder en die skool tot diens te wees deur:
  • Gesonde verhoudinge te kweek en te behou met oud-leerders
  • Geleenthede te bied vir oud-leerders om betrokke te kan raak by die skool, sy geleenthede en projekte
  • ‘n Netwerk van belanghebbendes daar te stel wat die kwessies rakende die skool kan help identifiseer, bestuur en oplos
  • ‘n Ware kultuur van interaksie en kameraderie te kan kweek tussen oud-leerders
  • ‘n Ware donateurskultuur en lojaliteit teenoor die skool te kweek
  • ‘n Netwerk daar te stel wat werksgeleenthede bevorder tussen oud-leerders
  • Die skool se tradisiesisteem van die afgelope 63 jaar te versterk en te help behou

Take:

  • Volgehoue skakeling met Alumni nasionaal en internasionaal
  • Volgehoue skakeling met die skool
  • Organisering van Alumni-aangeleenthede ter promovering van bogenoemde doelstellings
  • Organisering van fondswerwingsprojekte ter promovering van bogenoemde doelstellings
  • Inskakeling by bestaande projekte en geleenthede van die skool
  • Bou van verhoudinge met rolspelers binne en buite die skool se geledere ter promovering van bogenoemde doelstellings

Waardes:

  • Respekvol teenoor omgewing en mense waarmee Alumni werk ter bevordering van die skool se belange
  • Eerlikheid en opregtheid
  • Lojaliteit teenoor die erfenis en doelstellings van die skool
  • Sterk strewe daartoe om die omgewing te dien met talente
  • Getrouheid aan ons doelstellings en die bevordering daarvan
  • Gedrewe tot die sukses van die Alumni-vereniging en die skool as rolspelers in hul onmiddellike omgewing

 

Alumni Vereniging loods 28 Oktober 2009


ALUMNI FEES 2008:
'n Groot sukses

(Sien foto's op die Foto-album - Ikoon onder die kieslys)


 


  Florries Alumni Gasteboek

(Beskikbaar aan alle lede en nie-lede van die Alumni Vereeniging)

Nuutste gasteboek inskrywig:


Teken gerus die gasteboek en vertel ons gerus van die volgende:

  • Wat het gebeur na skool,
  • Waar julle nou is in die lewe,
  • Wat onthou julle van die skool,
  • Interessante staaltjies wat ops skool gebeur het,
  • Dames onthou om julle nooiensvan ook te noem.

 Florries na 50 jaar amper almal by reünie

Vlnr: Gerhard Kotze, Bauke Dykstra, Guillaume Oberholzer (hoofseun 1959), Lieschen Odendaal (nee Oelofsen) (hoofdogter 1959), Nic van Onselen (sameroeper reünie) en Pieter Strijdom.

Die Matrieks van Hoërskool Florida van 1959 het op Saterdag 17 Oktober hulle geskiedkundige 50-jarige reünie by die skool gehou.  Geskiedkundig, omdat hulle die skool se eerste standerd 6-klas was toe die skool in 1955 'n Afrikaansmediumskool geword het.

Nic van Onselen (sameroeper van die reünie reëlingskomitee) het in sy verwelkoming gesê dat die komitee sy eerste vergadering reeds in September 2008 gehou het, waarna daar begin is met die opsporing van die 1959 Matrieks.

Agt klasmaats is oorlede, 3 dames en 8 mans kon nie die reünie bywoon nie.  Drie onderwysers, nl. mnr. Victor Horne, dr. Ben Meintjies en adv. Francis Bosman (nee van der Merwe) het ook die geleentheid bygewoon. 

Mnr. Victor Horne het die byeenkoms met skriflesing en gebed geopen waarna die Hoofseun en Hoofmeisie 50 jaar gelede se "geheime" uitgelap het.  Mnr. Marthinus Schutte (huidige skoolhoof) het teenwoordiges ingelig oor die huidige stand van onderwys en oor die prestasies van Hoërskool Florida.  Die begeleide toer deur die skool wat 50 jaar gelede hul "tuiste" was het groot nostalgiese byval gevind.

Mnr. Chris Schlebusch (jr.) het as nuutgestigde Alumni-voorsitter hierdie unieke groep trotse oud-leerlinge toegespreek.  Chris was in 1999 in matriek!


Sangkompetisie open deure vir oud-Florrie


OUD-FLORRIE DEEL VAN WALL.E FLIEK WAT OSCAR WEN

Jaar gematrikuleer: 1979

Deelname: Hoofprefek, Eerste Krieketspan, Voorsitter CSV, Voorsitter Debatsbestuur, Redakteur Pssst Skoolkoerant (1978)

Na skool het ek 'n M.Sc graad aan RAU ontvang en by WNNR gewerk. Ek is in 1985 met Ronel Steyn getroud en het 3 seuns, Nicolas, Conrad, en Dewald. In 1989 is ons VSA toe waar ek 'n PhD in Rekenaargrafika verwerf het. Van 1996-2001 het ek by die Satelliettoepassingsentrum van WNNR by Hartebeesthoek gewerk, onder andere as programbestuurder vir geo-inligting projekte. In 2002 het ons teruggekom VSA toe, waar ek die afgelope 7 jaar as 'n Tegniese Direkteur by Pixar Animation Studios werk. (Krediete op: The Incredibles, Cars, Ratatouille, en WALL.E; werk tans aan Toy Story 3).

Dr Ferdi Scheepers


Ferdi Scheepers & Andrew Stanton, 23 Feb 2009 (WALL.E - BestAnimated Feature Film of the Year) 


OUD-FLORRIE VERTOLK HOOFROL IN ONS VIR JOU

Rouel Beukes speel die rol van Genl. Koos de la Rey in die musiekspel Ons vir jou wat tans in die Staatsteater opgevoer word.  Die stuk ontlok baie uiteenlopende kommentaar, maar dit blyk dat dit vol teaters trek en telkens staande ovasies ontvang.  Rouel Beukes het in 1972 aan Hoërskool Florida gematrikuleer.  

Volgens Rouel is dit by Florries waar hy “ontdek” is toe hy ‘n sangkompetisie gewen het.  Hoërskool Florida het Erekleure vir Kultuur aan hom toegeken vir sy prestasies en bydaes op kultuurgebied.  Op skool was hy onder andere Voorsitter van die Debatsvereniging, op die redaksie van die skoolkoerant (“Ek dink die naam van die skoolkoerant was ‘Byekorf’”), ‘n aktiewe lid van die koor (“Doortjie se koortjie") onder leiding van Dora le Roux, lid van die Leerlingraad en kaptein van die tweede tennisspan. Volgens Rouel was al sy sosiale en buitemuurse aktiwiteite vir hom belangriker as sy studies en het hy amper sy finale skooljaar gedruip!

Hy het na skool ‘n loopbaan in operasang gevolg en hy vertel van Sarie Lambrecht “my tweede moeder” wat oor ‘n tydperk van 30 jaar ‘n groot invloed op sy lewe gehad het.  Hy het onder meer by haar sanglesse geneem.  Op sy debuutaand as operasanger op 12 April 1978 is sy vader vir wie hy groot agting gehad het, oorlede.  Sy webwerf www.rouelbeukes.co.za getuig van ‘n suksesvolle loopbaan van harde werk en baie hoogtepunte.

Hoërskool Florida salueer hierdie beskeie familieman as een van sy top oud-leerlinge op wie die skool baie trots is!

Hoërskool Florida is aktief besig om met alle oud-leerlinge te skakel met die oog op die tot stand bring van ‘n lewendige samewerkingsverhouding.  Alle oud-leerlinge word versoek om van hulle te laat hoor deur ‘n e-pos te stuur aan Ethne Oelofse by msschutte@florries.co.za.  Die Klas van 1988 kom op 18 Oktober by die skool bymekaar – skakel dadelik met Pieter Hough by pieter.hough@za.pwc.com.  Die Klas van 1984 op 21 Februarie 2009 – skakel met Theresa Eckardt by TEckardt@cellc.co.za én die Klas van 1959!! is besig om te reël vir 17 Oktober 2009 – skakel met Nic van Onselen by entire@norufin.co.za.

Enige navrae oor Hoërskool Florida Alumni-sake kan gerig word aan Ethne Oelofse by Hoërskool Florida by msschutte@florries.co.za


HULDEBLYK: CHRIS VAN ONSELEN

Gebore: 29 Julie 1948 in Johannesburg

Skoolloopbaan:
Laerskool Florida
Hoërskool Florida
Matrikuleer in 1966

Verwerf gedurende hierdie tyd provinsiale kleure in atletiek, tennis en krieket.

Militêre Diensplig:
Voltooi in 1967 in Pretoria

Loopbaangeskiedenis:

1958-1970 studeer aan UP en verwerf B-Comm graad.
1971 begin by Sanlam en in 1990 word bevorder tot hoofbestuurder - posisie wat hy beklee het tot en met sy aftrede.

Ander:
Sportkommentator by SAUK,
sedert vroeë sewentigerjare - eers radio en daarna TV.
4 keer benoem as sportkommentator van die jaar (2x radio en 2x TV)
Verskeie Wimbledons en Franse Opes tennis uitgesaai
 

Laaste 10 jaar in die Bosveld geboer met Brahmanstoet en wild. Verwerf in 2003 toeking as Brahmanteler van die jaar.

Getroud met Claudie van Straaten (Springbokatleet) en het 2 kinders: Christo (Helikopter vlieënier) en Marianne (Art Director)

Oorlede April 2008

Florries was bevoorreg om Chris van Onselen se kenmerkende stem nog in Februarie 2008 as aankondiger tydens ons Prestige Atletiekbyeenkoms op die UJ Atletiekbaan te hoor. 

Hoërskool Florida eer die nagedagtenis van hierdie top oud-florrie!
 


Alumnifees 23 Augustus 2008 - foto's

Die klas van 1999 was baie prominent tydens die reuse onthaal wat Hoërskool Florida vir al sy oud-leerlinge aangebied het
Entoesiastiese oud-florries uit die dae toe Hoërskool Florida nog 'n Dubbelmediumskool was.  In die middel, met die bril, sit Shirley Young (Odgers) wat in 1951! aan Florries gematrikuleer het.  Links is Mickey Shaw (Odgers), regs is Nanay Tippet (Odgers) - albei ook oud-florries en heel regs Neville Tippet.

Bekende gesigte by Florries se Alumni-fees.Vlnr Cecile Doubell-Fourie (1993), Stefan Fourie, Ursula du Preez (1993), Clint du Preez, Grethe Doubell-Schussler (1997) en Mike Schussler.
Honderde oud-florries tydens die Alumni-fees.  Regs sit Chris Schlebusch (junior) wat ook op 'n loodskomitee aangewys is om 'n Artikel 21 Maatskappy te stig waaruit ook 'n Formele Alumni-vereninging tot stand gebring gaan word.

 


Kopiereg (c) 2007 Alle regte voorbehou.
hoof@florries.co.za